Video: ʼn Fiets met vlerke

Skermgreep uit die video

ʼn Video van ʼn groep mense wat probeer om ʼn “vlieënde fiets” te laat werk is gewild op sosiale media.

Die gebruiker Mohamed Jamshed het Sondag die video op Twitter gedeel. ʼn Man in ʼn deursigtige boks op ʼn fiets met vlerke probeer opstyg.

“Hierdie ou het probeer om met ʼn fiets te vlieg!” het Jamshed by die video geskryf.

Die fiets-vliegtuig styg vir ʼn kort rukkie op voor die man weer vinnig grond toe daal.

“Baie goed, maar jy het meer krag nodig,” skryf een kyker. “Dis waarskynlik nie moontlik met mens se voete nie. Dit was wel ʼn goeie poging en ontwerp!”

“Ek dink dit kan werk,” skryf nog iemand. “As mens net ʼn klein verandering maak in die ratte, behoort dit te kan werk.”

“ʼn Elektriese motor sou beter gewerk het!” voeg nog ʼn kyker by.

Dis nie bekend waar of wanneer die video verfilm is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.