[Video] ʼn Kat met nege lewens en vier ore

Foto: Instagram

Foto: Instagram

Personeel by ʼn dierewelsynsorganisasie in Pittsburgh, Pennsylvania, in die VSA kon hul oë nie glo nie toe ʼn kat met vier ore onlangs by die skuiling afgelaai is.

Batman, ʼn driejarige mannetjieskat, is in Julie saam met ʼn hele paar ander katte na die Western PA Humane Society gebring. Dit is toe dat die personeel opgemerk het dat Batman vier ore het.

Die rare verskynsel hou glo met ʼn genetiese mutasie verband wat laas in 1938 in Ashtabula, Ohio, aangemeld is by ʼn kat genaamd Toots.

Die diereskuiling het op sy amptelike Facebook-blad vertel dat Batman vir ʼn boonste lugweginfeksie behandel moes word, maar het beklemtoon dat dit nie met sy ekstra stel ore verband hou nie. Teen Dinsdag het die skuiling Batman beskikbaar gestel vir aanneming en volgens ABC News is hy binne ʼn paar uur aangeneem.

“As ʼn skuiling wie se deure altyd oop is, neem ons enige dier in wat aan ons gebring word,” het Hala Nuemah, besturende direkteur van die skuiling, op Facebook gesê. “Net as jy dink jy het al alles gesien, kom ʼn kat met vier ore deur die deur!”

https://www.facebook.com/westernpahumanesociety/videos/10154200748580873/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lithop ·

Aha! Nou weet ek hoekom my kietie kat GLAD nie ore het nie. Hierie kat het my kat se ore ook gekry!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.