Video: ’n Wêreldrekord vir parallelparkering

Skermgreep uit die video

ʼn Man van Kerala het onlangs opslae gemaak op sosiale media toe ʼn video van sy parallelparkering-vernuf gebruikers beïndruk het. Asianet News het berig PJ Biju het sy wit Toyota Innova op ʼn klein platform oor ʼn sloot parkeer.

Ons is seker jy gaan ook jou asem ophou as jy na dié video kyk:

Guinness-wêreldrekords het intussen Maandag ʼn video op Facebook gedeel waar ʼn rits video’s gedeel word van bestuurders wat “die wêreld se parallelparkeer-kampioene” is.

In een van die video’s wys Alastair Moffatt sy vernuf om agteruit parallel te parkeer. Moffatt, van Engeland, laat slegs ʼn ruimte van 34 cm tussen sy motor en die motors voor en agter hom. In nog ‘n toertjie span hy saam met John en Trevor Moffatt om die wêreldrekord te ontvang vir ʼn drie-motor-parallelparkering. Die wêreldrekord vir ʼn gelyktydige drie-motor-parallelparkering gaan aan Jia Han, Li Long en Xia Hongjun.

Volgens die paar krapmerke aan die motors blyk dit dat nie elke poging suksesvol was nie …

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anoniem ·

Hier by ons rol die voertuie sommer van die pad af want die sap jaag hulle. Anders skiet hulle mekaar van die pad af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.