Video: Net een krokodilhap en die waatlemoen is weg!

Skermgreep uit die video

ʼn Yslike Amerikaanse alligator, genaamd Bomber, kan ʼn waatlemoen met een hap in stukkies laat bars.

Die St. Augustine Alligator Farm Zoological Park in Florida in die VSA het ʼn video gedeel waar Bomber klaarblyk nie eers bewus is daarvan dat hy ʼn waatlemoen middeldeur hap nie.

“Krokodille het die sterkste bytkrag van enige dier, en Bomber, ons grootste Amerikaanse alligator op meer as 4 m, steel die kollig vir Krokodilweek,” het die dieretuin gesê.

Een van die personeellede, Frank Robb, gooi ʼn waatlemoen na die alligator en in stadige aksie kan mens sien hoe Bomber dit vermorsel.

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie

“Bomber SMASH!” Crocodilians have the strongest bite force of any animal, and Bomber our largest American Alligator at 13.5’ is showing off for Croc Week.

Posted by St. Augustine Alligator Farm Zoological Park on Thursday, August 8, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Bridget ·

Hulle vat een vet kans dit lyk hoeka of hy hulle uit kyk maar dis ‘n mooi video maar ek glo nie ek sal so braaf wees nie hy besluit dalk net om om die waatlemoente om seil en woerts daar het hy jou

Bloudrom ·

Ek moet sê dit sit nie in enige dier se broek om n WAATLEMOEN stukkend te byt nie! Mooi gedoen krokkie!

Poppie ·

Weg? Ek sien die ander helfte nog op die vloer le. (grap). Daardie kake en tande van ou krok is darem maar vicious. :-D

anton ·

Ja more gryp hy die brawe een wat amper die foon in sy bek druk vir n video of foto, dan is daar trane en kan hulle dit nie verstaan nie!!!
Ons mensdom is ook maar soms dom dink ek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.