Video: Nierskenker is toe inderdaad “perfekte pasmaat”

Chelsey Clair en Kyle Froelich

Chelsey Clair en Kyle Froelich

‘n Vrou wat drie jaar gelede haar nier geskenk het aan ‘n man, wat sy skaars geken het, is pas in die eg met hom verbind.

Die Indianapolis Star berig Chelsea Clair en Kyle Froelich het mekaar in 2009 by ‘n motorskou in Indiana ontmoet. Die 19-jarige Froelich was in daardie stadium besig met sy seniorjaar by Brownsburg High School en dokters het gesê hy het slegs ‘n paar maande oor om te leef.

Froelish en sy vriend het Clair (toe 22) ontmoet en sy het hom toegelaat om haar Camaro-motor te bestuur en hy het per ongeluk die velling geskaaf. Clair het vantevore van Froelich te hore gekom en reeds onderneem om bewusmaking te doen oor sy lot. Sy het daardie aand een van haar niere vir hom aangebied. Dokters het toetse gedoen en sy was bykans ‘n perfekte pasmaat.

Clair se familie was egter besorg oor haar besluit. “Chelsea, jy kan nie net winkel toe gaan en ‘n ander nier koop nie,” het haar familie aan haar gesê. Sy sê haar pa is dood voordat hy ‘n gepaste beenmurgskenker kon kry en dit het haar verder aangemoedig om Froelich te help. Haar besluit het egter haar verhouding met haar ma laat versuur. “Ek het gevoel ek het niemand nie,” het sy gesê.

Die nier het dadelik begin werk.

Die twee is in Oktober by Danville Conservation Club, dieselfde plek waar die motorskou destyds gehou is, getroud. Clair het ‘n sesjarige dogtertjie uit ‘n vorige huwelik en sy en Froelich het saam ‘n 11 maande oue babaseuntjie, Wyatt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.