Video: Nuuskierige kameelperd snuif-snuif aan fietsryer

Skermgreep uit Timmy Moser se video

Timmy Moser, ʼn fotograaf van Johannesburg, se video word wyd op sosiale media gedeel waar ʼn nuuskierige kameelperd hom van nader wou ondersoek.

Moser en sy vriendin het met hul bergfietse by die Lion and Safari Park in Broederstroom gery toe hulle op die trop van sewe kameelperde afgekom het.

“Twee ure ná ons weggespring het, het ek en my meisie op die trop van sewe kameelperde afgekom,” het Moser aan NDTV gesê. “Een het in die pad gestaan en ons het byna ʼn uur lank stilgestaan om na haar te kyk.”

Die paartjie het die opdrag van die reservaat gevolg en probeer om om die kameelperd te stap, maar die dier het egter ander planne gehad.

“Sy het nader gestap en aan my kom snuif vir ʼn ondersoek,” het Moser bygevoeg.

Moser het op Instagram, waar hy die video gedeel het, gesê hy was geskok om te sien hoe groot die kameelperd se knieë is. Hy het die heeltyd probeer om agteruit te stap, maar die kameelperd het steeds bly snuif.

Beeldmateriaal wat met Moser se GoPro Max 360 verfilm is, wys hoe die kameelperd hom nader en afbuig om hom te ruik.

Die video is reeds meer as 10 miljoen keer op die Instagram-rekening Earthpix gekyk.

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Timmy (@mosertimmy)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Misky

Sjoe, dit moes ‘n besonderse oomblik gewees het. Ek sou baie bang gewees het en nie geweet het wat om te verwag nie en seker vinnig die teenoorgestelde kant toe gejaag het

Suzette

Mal oor ‘n kameelperd – maar ek dink ek sou ook skrikkerig gewees het.

Elsabe

Wat ‘n belewenis!!

Eend Bessinger

Dit moes ‘n besonderse ervaring gewees het! So ‘n nuuskierige agie kameelperd kan nogal intimiderend wees.