Video: Nuuskierige walvis gee roeier ʼn stootjie

Skermgreep uit die video

Van die spesiaalste oomblikke in die lewe is waarskynlik dié waar jy onverwags ʼn interaksie met ʼn wilde dier het. Dit is ongelukkig nie vir ons almal beskore nie.

ʼn Hommeltuigfotograaf in Argentinië het beeldmateriaal verfilm van die oomblik waar ʼn suidelike noorkapper-walvis tot by ʼn roeier geswem en die roeiplank ʼn stootjie gegee het.

Fotograaf Maxi Jonas het die video op Twitter gedeel wat wys hoe die suidelike noorkapper tot by die vrou op die roeiplank swem in Puerto Madryn. Die voorval het op 31 Augustus plaasgevind.

“Ek dink ek het vandag die beste walvisvideo van my lewe verfilm,” het Jonas gesê.

Die walvis gee die roeiplank ʼn stootjie met sy vin voor hy spelerig rondom die roeier bly swem.

Die Puerto Madryn-walvisseisoen begin in Mei en duur tot in Desember. Marcos Grosso, die stad se sekretaris van toerisme, het gesê meer as 1 600 suidelike noorkappers is tot dusver vanjaar naby die Puerto Madrynse kus opgemerk.

Die suidelike noorkapper word uitgeken aan die wit, vratagtige groeisels op die kop. Die soogdier het groot spaanvormige borsvinne maar geen rugvin nie. Hulle kom in die oop see voor. Die walvis se Engelse naam is die Southern Right Whale bedoelende dat dit die ‘regte’ walvis was om dood te maak destyds deur die walvisjagters. Die walvis mag egter nie meer gejag word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Misky ·

Sjoe, my hart het so paar slae gemis deur net na die video te kyk!!!! Maar ek gee toe, daai walvis kom inderdaad spelerig voor en besonders om op video te kon vasvang

Elinette ·

Kyk hier, ek maak my net daar sopnat op daai roeiplank, want as daai Suiderlike Noorkapper besluit om my om te dop, is ek haai-kos ….

Sarah ·

Oh nee, die roeier bly hopeloos te kalm, ek sou al lankal soos Speedy Gonzales oor die water gehardloop het van skok ;- )

Anel ·

Wys net hoe wonderlik is God se skepping. Die walvis het aan gevoel die roeier is nie agresief nie. Ander het hy hom lankal om gegooi. Die manier hoe hy die roeier min die vin stoot, amper asof hy bang is hy maak hom seer, so versigtig! Manjifiek!!!

Belinda ·

sjoe wat n belewenis moes dit nie gewees het nie. miskien wou die walvis bietjie speel. daai roeier het natuurlik sy broek bietjies bietjies bedinges. seker gedink hy gaan gesluk word. dis oulik. sal wat gee om eendag so naby aan walvisse te kan wees / sien. Ek wil net graag met my eie oe sien hoe groot hul regtig is. WOW

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.