[Video] Nuusleser maak skreeusnaakse blaps

Natasha Exelby (Foto: Skermskoot uit die video)

ʼn Video van ʼn Australiese nuusleser se regstreekse blaps op ABC News versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media.

Dié video van Natasha Exelby het internetgebruikers behoorlik aan’t giggel gehad.

In die video skrik Exelby haar lam nadat sy begin dagdroom het terwyl ʼn insetsel besig was om tydens die regstreekse uitsending te speel. Die TV-ankervrou speel met haar pen wanneer sy skielik besef dat die kamera weer op haar is.

Sy het aan die webwerf News vertel hoewel sy die humor daarin kan raaksien, is dit nie haar trotsste oomblik ooit nie.

“Ek kan verstaan hoekom mense dink dis snaaks, maar ek moet beslis verantwoordelikheid neem. Ek is professioneel en wat gebeur het, was nie professioneel nie,” het sy gesê.

Exelby het pas na Australië teruggekeer nadat sy ʼn jaar en ʼn half as politieke verslaggewer in Turkye gewerk het. Sy het onder meer oor die oorlog in Sirië en die terroristeaanvalle in Parys, Brussel en Nice verslag gedoen.

“Soveel mense is hierdie week tot trane gedryf deur die hartseer nuus oor oorloë en aanvalle. As ek mense kon laat lag het, is ek bly.”

https://youtu.be/KEW9Dmqbows

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Scalla ·

Nou wat is skreeusnaaks daaraan, gelukkig verskil humor van persoon tot persoon.

Groenie ·

Het nou net gelees dat sy afgedank is as nuusleser op Australie nuus webwerf

Aitsa ·

Shame enige mens kan n menslike fout begaan!
Hoekom die arme mens afdank?
Sies julle. Get real get some life and some humor

evsbest ·

Want so baie wat noem dis nie skreeu snaaks nie….. Ek het gedink is BAIE snaaks. Maar mense lag nie meer oor klein goedjies nie. So hartseer. En seker as gevolg daarvan is sy nou haar werk kwyt.

Helizna ·

Ek het lekker gelag, en kon amper nie ophou dit oor en oor speel nie. Sjoe sy’t lekker geskrik! :D

Nel ·

Sy’t mooi geskrik en gelukkig nie ‘n kragwoord, soos baie seker sou, gelos nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.