Katie Pylypow se dogter Pat, self ʼn oumagrootjie, het die video geneem.
Volgens Pat sien ouma Katie elke jaar daarna uit om te help oes, alhoewel sy al in 1977 die plaas verlaat het.
“Dis nie aldag dat ʼn oumagrootjie soos ek haar eie ma kan vergesel om te stroop nie!” skryf Pat op haar Facebook-blad. “My ma het op 28 Januarie haar 101e verjaarsdag gevier, haar heup in Maart gebreek, vinnig herstel en kon in Mei ʼn klein dansie doen.”
Pat sê haar ma het verlede jaar vir die eerste keer die stroper bestuur. “Hulle het dit nie só gemaklik of maklik gemaak in haar boeredae nie!”
Ouma Katie het glo self opgeklim om die stroper te kon bestuur.
Mooi so my tannie !!!. Sy is ‘n ware ystervrou en geniet dit om te oes, kom self van ‘n plaas af, en het die oestyd geweldig baie geniet
Wonderlik vir haar, wat n seën om so oud en so gesond te wees! Die “oer” woord sou my egter bedlêend gekry het (as ek sy was), want dit klink soos iets wat n wetenskaplike met die woorde miljoene jare in n sin sal gebruik, en dit laat mens dink aan die Ice age flieks. Kan daar geen beter beskrywende woord wees nie? Oer pas glad nie by die op en wakker tannie met nog so baie krag in haar pype nie. Ek weet dit kom sekerlik in met die honderd jaar, maar hoop nie hulle beskryf my so as ek geseënd is en daai ouderdom behaal nie, dit sal vir my n vreeslike skok en ontnugtering wees en my in n gestig kry glad nie op n trekker of stroper nie.
Wat van Groot-oumagrootjie. Oer klink banaal.