[Video] Oerangoetang skaterlag vir kulkunstoertjie

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Video van ʼn orangoetang wat skater van die lag vir ʼn kulkunstoertjie is in die afgelope week al meer as 12 miljoen keer gekyk.

Die video wat glo by die Barcelona-dieretuin in Spanje geneem is, wys hoe ʼn man ʼn orangoetang met ʼn kulkunstoertjie vermaak. Hy wys die orangoetang hoe hy ʼn kastaiing in ʼn polistireenkoppie sit en met ʼn deksel bedek. Die man skud die koppie ʼn paar keer rond voordat hy die deksel oplig en die oerangoetang wys dat die kastaiing verdwyn het.

Die oerangoetang staar vir ʼn oomblik verbaas na die leë koppie voor hy sy kop agteroor gooi en skater van die lag.

Die Daily Mail het verskeie kenners genader om vas te stel of diere wel ʼn sin vir humor kan hê. Die nuusagentskap berig gedeelde reaksie tot aangename teenstrydighede, vriendskap en pret is nie slegs tot mense beperk nie, maar kan by ʼn verskeidenheid van spesies waargeneem word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Kan net dink wat gaan gebeur as hy by ons ‘n parlementsitting bywoon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.