Video: Olifant gee kind se verlore skoen terug

Skermgreep uit die video

Olifante staan nie verniet bekend as die sagmoedige reuse nie. Hulle speel graag, is uiters intelligent, sensitief en het begrip vir emosies.

ʼn Ou video wat dit baie goed uitbeeld, is weer baie gewild op sosiale media ná die Indiese bosboubeampte Susanta Nanda dit gedeel het. Die video wys hoe die olifant ʼn kind se skoen, wat per ongeluk in sy hok geval het, teruggee.

“Hy is in aanhouding, maar nie sy gees en barmhartigheid nie,” skryf Nanda by die video.

Die 25-jarige olifantbul Shan Mai is in die video te sien. Hy merk op dat ʼn skoen in sy hok in Weihaistad in Shandong, China, geval het. Hy tel die skoen met sy slurp op en oorhandig dit aan die seun.

Kykers staan verstom oor die olifant se goedhartigheid en intelligensie. Ander pleit vir die dier se vrylating en meen hy moet nie in aanhouding wees in ʼn dieretuin nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.