Video: Olifant red afrigter toe hy ‘verdrink’

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Elephant News het verstommende beeldmateriaal op sosiale media gedeel van ʼn olifant wat in die water instorm om haar gunstelingafrigter te help, toe sy onder die indruk was dat hy besig is om te verdrink.

Die video wys hoe Kham Lha deur die rivier by die Olifantpark in Chiang Mai, Thailand, swem om haar afrigter, Darrick Thomson, te red.

Thomson (42), oorspronklik van Toronto, Ontario, het ʼn baie spesiale band gevorm met Kham Lha sedert sy uit die toerismebedryf gered is. Kham Lha was vasgebind en onderwerp aan gewelddadige afrigting, voor sy gered is. Thailand se toerismebedryf slaan ook die olifante om hulle meer onderdanig te maak sodat vakansiegangers op hul rûe kan ry.

“Ons het haar bevry en gehelp om te herstel,” het Thomson verduidelik. “Ek en sy het ʼn baie spesiale band gevorm.”

Thomson verduidelik hy het in die rivier ingegaan om te wys hoe merkwaardig die verhouding tussen olifante en mense kan wees. “As jy goedhartig is, dan sal hulle jou ook goed behandel.”

Thomson het in die water Kham Lha geroep om hom te kom help. Wanneer die vyfjarige olifant hom bereik, gebruik sy haar slurp en lig hom uit die water om hom te help.

Kham Lha kan nou vrylik saam met talle ander olifante in die natuurpark rondstap.

ʼn Video van die spesiale verhouding tussen Thomson en Kham Lha volg onderaan.

[Video nie meer beskikbaar nie.]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

mc ·

Ag nou is dit nou nie ongelooflik kosbaar en pragtig nie. Met al die gemors wat in ons land aangaan was hierdie nou werklik dierbaar. Dankie Maroela.

Wenner ·

Jinne dis so lekker om n slag iets te sien wat mooi en opbouend is. En nie iets wat enige vorm van geweld in het nie.

broos ·

en dis hoekom ons sommige dae meer van diere as van mense hou :-)

Denise ·

Dit is ongelooflik kalmerend vir die siel die man is baie gelukig om die vooreg te he om met sulke reuse te werk!!!!

Melanie ·

Dit is so spesiaal en n uitstekende voorbeeld watse tipe band en verhouding kan tussen mens en dier ontwikkel. Wens alle mense kon diere en meer nog troeteldiere met soveel respek behandel!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.