Die 23-jarige Katie Ledecky het al vyf goue medaljes verower by die Olimpiese Spele. Dié Amerikaner het ook al 15 wêreldkampioenskappe gewen – die meeste ooit vir ʼn vroulike swemmer.
Katie het egter Maandag op Twitter ʼn video gedeel wat sy as “een van die beste swempogings” beskryf. In die video swem sy die hele swembad se lengte met ʼn glas sjokolademelk op haar kop sonder om ʼn druppel te stort.
Wanneer sy aan die ander kant van die swembad kom, drink sy trots die glas melk en rus teen die swembadmuur.
Die video is reeds meer as 4 miljoen keer gekyk en volgens Insider was dit deel van ʼn nuwe “Got Milk?”-advertensie.
Katie het die video op haar Twitter- en Instagram-rekeninge gedeel. Sy het op Instagram gesê dit het uitermatige core strength vereis. “Ek moes my kern saamtrek, omdat ek nie kon beweeg nie. Ek moes doodstil bly terwyl ek swem,” het sy op Instagram-stories verduidelik.
Possibly one of the best swims of my career! (~open for debate~)
What can you do without spilling a drop?! Check out the #gotmilkchallenge on TikTok. #gotmilk #ad pic.twitter.com/F05UzvaqCo— Katie Ledecky (@katieledecky) August 3, 2020