Video: Ollie en die valhelm

Skermgreep uit die video

ʼn Video trek groot aandag op sosiale media van ʼn olifant wat skynbaar ʼn valhelm wou verorber.

Die nuuskierige olifant stap verby ʼn motorfiets wanneer die valhelm sy aandag trek. Hy tel dan die valhelm op en sit dit in sy bek voor hy rustig wegstap.

“Ag nee, my valhelm is weg!” sê ʼn man in Hindi op die video terwyl omstanders begin lag. “Hoe gaan ek my valhelm terugkry? Hoe sal ek kan ry?” wil die man weet.

Volgens Prag News het die voorval Dinsdag in Guwahati se Narengi-weermagkamp plaasgevind.

Die olifant het later net die valhelm uitgespoeg.

“Hy het ʼn ent lank gestap voor hy die valhelm uitgespoeg het,” het Jayanta Deka van die Guwahati-natuurbewaringsafdeling aan die Indian Express gesê. Die olifant het wel die valhelm met sy poot platgetrap voor hy in die woud verdwyn het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.