Video: Ollie en Wagter is groot maats

(Skermgreep uit die video)

Almal het ʼn vriend nodig, en dié olifant se beste vriend is toe ʼn hond. ʼn Oulike video van die twee vermurwe kykers se harte.

Die video, wat reeds in 2015 verfilm is, wys hoe Yindee, ʼn baba-olifantjie, met ʼn hond genaamd Milo speel by Thailand se olifantpark. Die video maak weer opslae nadat die Indiese bosboubeampte Susanta Nanda dit onlangs op sy Twitter-rekening gedeel het. “Vriende kom in alle groottes en vorms,” het hy geskryf toe hy die video gedeel het.

Volgens One Green Planet was dit die eerste keer dat Yindee ʼn hond teëgekom het. In plaas daarvan om huiwerig te wees, het die twee sommer dadelik begin speel.

Die olifantpark in Thailand se Chiang Mai-provinsie, is ʼn reservaat vir olifante wat mishandel of wees gelaat is. Yindee is in 2013 in die park gebore en is die kalf van Mintra, ʼn olifantkoei wat deur ʼn motor getref is toe sy maar vier jaar oud was.

Milo behoort aan een van die bewaarders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.