Video: Ollie help opruim

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Video van ʼn olifant wat rommel optel en dit dan in ʼn vullisdrom gooi, word wyd op sosiale media versprei.

Die video is glo kringtelevisiebeeldmateriaal wat iewers in Suid-Afrika geneem is, maar talle pessimiste bevraagteken die geloofwaardigheid van die video, aangesien dit in hoë definisie geneem is. Dit is selde dat kringtelevisiekameras enigiets in hoë definisie afneem. Die persone bevraagteken ook hoe die olifant rommel sou herken.

Niemand het egter nog verantwoordelikheid aanvaar indien dit wel ʼn video is wat omgewingsbewustheid wil skep nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.