Video: Ollie pomp sommer self water om sy dors te les

(Foto: Skermskoot uit video)

‘n Video van ‘n olifant wat water uit ‘n handpomp drink, het duisende kykers aan die gons vir al die regte redes.

Die video wat op 3 September op sosiale media gedeel is, wys hoe een van die wêreld se grootste en slimste soogdiere by ‘n handpomp staan. Die merkwaardige dier gebruik sy slurp om sommer self water te pomp om sy dors te les. Die deel wat kykers egter die meeste verbaas, is dat die olifant ophou water pomp nadat sy dors geles is.

Die ministerie van Jal Shakti het die einste video gebruik as bewusmaking van waterbesparing. “Selfs ‘n olifant verstaan die uiterste noodsaaklikheid van waterbesparing, waarom mors die mens dan met hierdie kosbare bron? Kom ons leer vandag ‘n les van hierdie dier en gebruik water spaarsamig,” lui die beskrywing van die Twitter-plasing wat uit Hindi vertaal is.

Die Indiese bosboubeampte Ramesh Pandey het ook die video op sy tydlyn gedeel. “Water en diere is kosbaar en moet bewaar word vir ons eie oorlewing.”

Talle sosialemediagebruikers het die intelligensie van die reusedier toegejuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

MakersMark ·

Jy kan ‘n perd tot by die water bring….. maar dit lyk my die olifant stap self daarnatoe, pomp dit self en drink dit. Slimmer as sommige homo sapiens…..

Cecilia ·

Te cute. Kyk d ore wat saamwerk terwyl hy pomp. En hy mors nie eers onnodig d water nie. UITERS SLIM diere.
Ek het al op NatGeo Wild gesien dat olifante in d Woestyn. Sy slurp so oor d sand trek. Stop en begin grou . 3m ltr n hele dam water. D trop drink en spuit mekaar nat. Klaar gemaak gooii d gat mooi netjies toe en loop vort op hulle missie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.