Video: Om te rus of te rits? Noodle sal jou sê!

(Foto: Instagram/showmenoodz)

Noodle, ʼn 13-jarige mopshond (pug) van New York, het internetgebruikers goed aan die gons met sy oënskynlike vermoë om te “voorspel” watter soort dag jy kan verwag.

Sy eienaar, Jonathan Graziano, plaas gereeld video’s op Instagram en Tik-Tok waar hy met sy oulike bejaarde brak ʼn voorspellingspeletjie, “Been of geen been”, speel. Dit het uiteindelik tot Noodle se roem gelei.

“Dit maak my so gelukkig; ek is so bly ek het jou rekening gevind! Gelukkige beendag vir almal!” lui een van die kommentare op Noodle se Tik-Tok-profiel.

“Been of geen been” is ʼn eenvoudige speletjie, maar geensins voorspelbaar nie.

Elke oggend maak Grazina sy moeë mopshond wakker, en wat Noodle daarna doen, “voorspel” glo hoe kykers se dag gaan verloop.

Die talle internetgebruikers wat Noodle se sosialemediablaaie volg, maak nou van sy “voorspellings” gebruik om vas te stel hoe hul dag gaan uitdraai.

“As hy onmiddellik weer neerval in sy bed en slaap nadat hy wakker gemaak is, is dit ʼn ‘geen been’-dag,” verduidelik Grazino. “Dit beteken dat die dag op ʼn rustige wyse benader moet word en dat geen risiko’s aangedurf mag word nie.”

Wanneer Noodle egter bly staan ​​wanneer hy ontwaak, kan jy vir seker weet dit gaan ʼn “been-dag” wees. Op hierdie dae maak Grazino seker dat hy die dag geesdriftig aanpak en produktief bly.

“Goeiemôre, almal, en welkom terug by nog ʼn ronde van ‘Been of geen been’,” begin die video wat Graziano Maandag gedeel het. Volgens die eienaar het dit buite gereën en was hy gereed vir nog ʼn “geen been-dag”. Die video wys egter hoe die slapende Noodle stadig uit sy bed opstaan, en bly staan. ʼn Verbaasde Grazino moedig kykers daarna aan om uit te gaan en die beste van die dag te maak.

Die video het byna 30 000 duim-goedkeur-tekens in een dag gekry, en meer as 130 000 internetgebruikers volg Noodle se blad ‘showmenoodz’ op Instagram.

“Verbasend genoeg het ek ʼn goeie Maandag gehad,” het ʼn Instagram-gebruiker op die plasing geantwoord.

“Lief vir jou, Noodle,” lui ʼn ander kommentaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Misky

Gmmppffff, Amerikaners het darem baie tyd vir nonsens

AW

Die Mens en sy Dinge !!

Sandra

Laat my dink aan die seekat wat hulle gebruik het om die wereldbeker te voorspel. Was dit die wereldbeker of is ek nou mal?