[Video] Onderhoud met verkeerde persoon steeds grappig

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Dis vandeesweek 10 jaar sedert Guy Goma verkeerdelik op BBC vir ʼn tegnologiekenner aangesien is, en ʼn video van dié onderhoud word weer wyd op sosiale media gedeel.

Guy Goma (gebore 1969) was op 8 Mei 2006 regstreeks in ʼn onderhoud op BBC News 24, ʼn Britse televisie-nuusstasie toe hy vir die kenner, Guy Kewney, aangesien is. Goma, ʼn gegradueerde in ondernemingstudies van Brazzaville in die Republiek van die Kongo, is betrek by ʼn gesprek oor die saak Apple Corps vs. Apple Computer en hy moes skielik insig bied oor ʼn vakgebied waarvan hy bitter min kennis dra.

Goma was in daardie stadium ʼn taxibestuurder en het by die ateljee opgedaag om ʼn werksonderhoud te doen vir ʼn pos in data-ondersteuning. Hy is vir die kenner aangesien en is skielik op die stel geplaas waar hy moeilike vrae oor Apple se hofsaak met die Beatles-platemaatskappy moes beantwoord.

Sy gesigsuitdrukking toe die onderhoudvoerder hom as “Guy Kewney” aanspreek, spreek boekdele. Hy wil egter nie enigiemand teleurstel nie en druk deur met die minuut lange onderhoud.

Alhoewel hy nie die pos vir data-ondersteuning gekry het nie, was hy oornag ʼn bekende gesig. Hy het al in verskeie televisieprogramme verskyn, waaronder Have I Got News for You, Friday Night met Johnathan Ross en The Big Fat Quiz of the Year. ʼn Episode van The IT Crowd in 2007 is ook op dié voorval gebaseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

johann cb ·

Hy het baie goed reageer op die vrae! Sy gesigsuitdrukking is ook effe “stouterig “! Volpunte!

Marco ·

Dit moes so ‘awkward’ wees! Arme man! Hy het min of meer ‘n goeie werk gedoen. Hahaha

Drieks ·

Afrika mense het nie nodig om as akteurs, musikante of kunstenaars op gelei te word nie. Hul het dit van nature in hul.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.