[Video] Ondeunde leeuwyfie maak mannetjie skrik

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

In dié video lê ʼn leeumannetjie rustig in die koelte, onbewus dat ʼn wyfie besig is om hom te bekruip.

Sarah Carter, stigter van Twala Trust in Zimbabwe, waar die beeldmateriaal verfilm is, het gesê Shani (die leeuwyfie) is gereeld besig om die mannetjie, Shungu, te bekruip. “Dis iets wat sy gereeld doen,” het sy aan Caters News gesê. Volgens Sarah is Shungu ‘n dromer, gereeld besig om na voëls, skoenlappers, vliegtuie of selfs die weerkaatsings in water te staar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Akram ·

Genugtig. dis goed om te sien dat mense ook iets anders kan post. dit wys net hoe wonderlik die leeus is. sy bekruip hom en hy hoor boggerol. vrouens sal seker nou verstaan as ons mans se one het nie ” gehoor ” nie.

EMK ·

Haha laat my dink aan toe ons kinders was en sulke poetse op mekaar gebak het.

Carol-Jane ·

Ha ha ha ha!! Ek het nou so lekker gelag! Die diereryk is darm maar wonderlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.