Video: Ondeunde olifantjie stamp maat in die water

Skermgreep uit die video

Daar is min dinge wat ʼn mens se dag so kan opkikker soos ʼn grappige video van olifante.

ʼn Beampte van die Indiese bosboudiens, Susanta Nanda, het só video op Twitter gedeel en dit sal jou waarskynlik ook laat glimlag.

In die video stamp een ondeunde olifantjie sy maat in die water – net soos kinders met mekaar sal doen. Dis nie ʼn nuwe video nie, dit word al die afgelope twee jaar op sosiale media gedeel, maar mens kan enige tyd na dié kaperjolle kyk.

Nature World News sê navorsing het bevind dat olifantkalfies graag mekaar terg en dat hulle baie spelerig is. Dit help hulle om fisiese en sosiale vaardighede op te doen wat noodsaaklik is vir oorlewing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.