Video: Ongeduldige bulhond blaas die toeter

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Video van ʼn bulhond wat op ʼn motor se toeter lê, is baie gewild op sosiale media.

Ryan Burns, ʼn verslaggewer van Local Coast Outpost in Eureka, Kalifornië, het gehoor hoe die motor se toeter aanhou skree. Hy het gaan ondersoek instel en op dié bulhond afgekom wat met sy een poot op die toeter sit.

Dit is nie duidelik of die hond wel die eienaars se aandag kon trek nie, maar hy is baie gewild op sosiale media. Sy video is al meer as 1 miljoen keer op YouTube gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

ladybug ·

Die woef moes eintlik die kar verwoes het binne, hoe kan mens ‘n dier, alleen met ruite toe, in ‘n voertuig los? Waar is die Dierebeskermingseenheid?

Theresa ·

Ek stem Ladybug. Vir ander is dit nou groot vermaak, maar ek sal die eienaar teen sy kop klap. Jy los nie ‘n dier ‘n in kar nie. Kan die mense dit nie in hulle koppe kry nie. Hoeveel keer moet dit nog oor en oor gesê word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.