[Video] ‘Ongeduldige’ hondekind agter stuur toet vir baas

‘n Skermskoot uit die video

Dis nie om dowe neute dat die mens na sy ‘spesiaalste vriend’ as hondekind verwys nie – dié geliefde troeteldier kan hom immers soms soos ʼn regte stoute kind gedra.

ʼn Video van ʼn “ongeduldige” hond van Pennsilvanië in die VSA wat die toeter van ʼn motor blaas terwyl hy vir sy eienaar in die motor wag, doen weer die ronde op sosiale media.

Die video is reeds twee jaar gelede deur Melissa Bailey, ʼn inwoner van dié deelstaat, op YouTube gelaai, maar word nou weer op sosiale media gedeel.

Volgens Bailey het die honde se eienaar glo net vinnig by die winkel ingedraf. Bailey skryf op YouTube dit was ʼn koel dag en die honde het “gelukkig” gelyk, daarom was sy nie bekommerd dat hulle ʼn kort rukkie alleen in die motor was nie.

“Een van die honde moes seker ongeduldig geraak het om te wag,” het sy geskerts. “Nadat hy die toeter vir ʼn lang tyd aanmekaar geblaas het, was ʼn ander man op pad na sy motor toe die hond weer skielik vinnig op die toeter lê. Hy het eers gedink dis ek, maar ek het vir hom gewys dis die hond. Hy het dit nie geglo nie – hy het gedink dis ʼn mens in ʼn hondekostuum.”

Bailey het verseker dat die honde veilig en versorg was en nié te lank alleen in die motor gebly het nie.

Die video doen vermoedelik weer die ronde op sosiale media omdat dit deel is van ʼn samestelling “mees gekykte video’s op YouTube”. Die video is al meer as een miljoen keer gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Chris ·

Ek dink die hond sal goed doen by ons SAPS. Deesdae klim die honne uit en die poeliesmanne sit in die “van”. In die geval vat die konstabel seker bietjie te lank vir Wagter se smaak.

Ria Faure ·

Ja my Jack Russel doen dit ook, sy sit ook die “hazards” aan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.