Video: Ongelooflike beeldmateriaal van leeu wat in die lug opgegooi word

leeu-videoDie video volg onderaan die berig. ‘n Leeu in die Kruger-wildtuin is vyf meter hoog in die lug in opgegooi toe hy deur ʼn buffel bestorm is.

Twee jong leeus het glo ʼn buffel vir ongeveer 45 minute lank bekruip toe een van hulle uiteindelik aanval. Maar hy was só gefokus op sy prooi dat hy nie besef het hy laat homself kwesbaar nie.

Die verstommende beeldmateriaal is tydens ʼn wildsrit vroeg die oggend deur Ian Matheson (52) en sy seun, Oliver (16), verfilm.

Die video is die afgelope twee weke reeds meer as 29 miljoen keer gekyk.

Videograaf: Oliver Matheson / Ian Matheson
Vervaardiger: Thomas Midlane
Regisseur: Joshua Douglas

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.