Video: Ongewone vriendskap maak uitstekende advertensie

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die Super Bowl-voetbalkampioenskap in Amerika lewer elke jaar van die beste advertensies op. Een van die gunstelinge vir 2014 is ʼn Budweiser-advertensie oor ʼn ongewone vriendskap.

Die perde wat in die advertensie te sien is, is Clydesdale-perde wat in advertensies en bemarkingsveldtogte vir die Anheuser-Busch-brouery gebruik word. Daar is agt perde wat in enige gegewe stadium regoor Amerika reis, maar daar is tien perde in elke span om enige van die ander perde te vervang, indien nodig. Die Clydesdale-perde word veral in Super Bowl-advertensies vir Budweiser-bier gebruik.

Die musiek in die advertensie is Let her go deur die groep Passenger.

Die advertensie is binne een dag reeds meer as 11 miljoen keer op YouTube gekyk.
http://youtu.be/uQB7QRyF4p4

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.