Video: Onnie se fiets-plan vir rooimier-leerders maak opslae

Die fietse wat onder die leerders se tafels installeer is (Foto: Distractify)

Die fietse wat onder die leerders se tafels installeer is (Foto: Distractify)

ʼn Wiskundeonderwyseres van Wake County in die VSA se flink idee om te keer dat leerders tydens klastyd vroetel en nie aandag gee nie, het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.

Bethany Lamberth het aan die webwerf Distractify vertel sy het ʼn privaat skenker oortuig om ʼn klomp fietsrymasjiene aan die skool te skenk. Dié masjiene is toe onder die kinders se tafels geïnstalleer.

Sy meen dié masjiene help kinders om beter op die klaswerk te konsentreer omdat hulle dan nie met ander dinge vroetel nie.

“Voorheen het die kinders heeltyd op hulle lessenaars trom geslaan, met ander kinders gepraat of konstant aan hulle gevat, en nou doen hulle dit nie meer nie omdat hulle voete beweging kry.

Die fietse wat onder die leerders se tafels installeer is (Foto: Distractify)

Die fietse wat onder die leerders se tafels installeer is (Foto: Distractify)

“Die kinders se werksgehalte het in ʼn kort tyd drasties verbeter en daar is ook ʼn groot afname in die hoeveelheid werk wat nie gedoen word nie,” het sy vertel.

Dié masjiene hou ook talle gesondheidsvoordele vir die kinders in. “Dit gee my die geleentheid om te oefen terwyl ek beter kan fokus. Ek het een oggend voor 10:00 meer as 5,5 myl (8,8 km) met die fiets getrap. Ek is ʼn baie energieke persoon, en dié fiets verbrand heelwat daarvan sodat ek beter kan fokus,” het ʼn leerder gesê.

Bron: Distractify

https://youtu.be/h48zn-FZdeQ

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jordaan ·

Koppel die fietse aan ‘n dinamo, dan wek jy sommer krag vir die klaskamer op?

Victor ·

Jordaan, daai is mos nou ‘n BRILJANTE plan!! Dink net, as elke skool in SA dit doen, kan ‘n mens jou eie kragopwekers by jou skool hê en Eskom en sy duur tariewe geheel en al uit die prentjie uit sny!!

Karma ·

Only in America ….. in SA sal dit nie werk nie – daardie fietse sal nie 5 min. in die klaskamer wees nie of dit is gesteel …. of andersyds sal die leerders kla dit maak inbreuk op hul menseregte omdat dit hul reg is om te sit en vroetel en in die klaskamer te praat.

REGVERDIG ·

…………..en dan is die fietse nog wit ook !!!!!!!!!!!!!!

Karin ·

Genade maar die meeste van julle is ‘n negatiewe ou spul! Ek dink dis ‘n blink gedagte.

Frikkiesgirl ·

O gits, as ek so na die laaste kommentare kyk, sal ek maar eerder nie vertel hoe my 8 jarige graad 3 leerder die beste leer nie. Maar net vir die wat belangstel, sy leer beste deur op ‘n mini trampolien te spring/fiets te trap /aan die Gorilla Gym te hang. terwyl sy geleer word. Praat van ‘n challenge as mens gewoond is kinders leer deur stil te sit.

Chantelle ·

Ongelukkig het SA nie genoeg plek in klaskamers nie, dit sou fantasties gewerk het maar met beperkte spasie en klasse wat meer en meer leerders moet vat is daar nie plek vir ‘n muis nie!!!

De Villiers Hauptfleisch ·

Jy sou nie gewaag het om in my wiskunde onderwyser se klas te sit en vroetel of te gesels nie. Dit was in die vyftiger jare toe dissipline sommer ingebore was. Geen fietse was nodig nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.