[Video] ‘Ons toekoms is in ons eie hande’ – hoofseun se aangrypende toespraak

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Jake Bailey, die hoofseun van ʼn vooraanstaande skool in Nieu-Seeland, het sy aangrypende afskeidstoespraak gelewer ondanks die feit dat hy ʼn week vantevore met ʼn aggressiewe vorm van kanker gediagnoseer is.

ʼn Beeldopname van die toespraak word wyd op sosiale media gedeel oor die boodskap van hoop en verwagting wat Jake deel. Die toespraak is al meer as 1 miljoen keer op YouTube gekyk.

Dokters het Jake gewaarsku dat hy nie die toespraak sou kon lewer nie, en dat hy sou sterf indien hy nie binne drie weke met kankerbehandeling begin nie. Hy kon egter wel die seremonie bywoon en het in ʼn rolstoel die 20 minuut lange toespraak gelewer.

Jake verwys spesifiek na “morele krag”. “Morele krag is om ʼn aktiewe besluit te neem om ʼn persoon te wees wat nie opgee nie,” sê hy.

Hy haal verder Jim Rohn aan: “Laat ander klein lewens leef, maar nie jy nie. Laat ander oor klein goedjies stry, maar nie jy nie. Laat ander oor klein goed huil wat seermaak, maar nie jy nie. Laat ander hulle toekoms in iemand anders se hande laat, maar nie jy nie.”

Hy voeg by: “Wees bedagsaam, groots, barmhartig en dankbaar vir die geleenthede wat jy het.”

En dan sluit hy af: “Die uitdaging wat ek aan julle en myself stel, is om steeds te bly groei en om te verbeter. Die toekoms is werklik in ons hande. Kom ons vergeet van langtermyndrome, maar laat ons passievol toegewyd wees in die najaag van korttermyndoelwitte. Werk passievol en met trots aan dit wat voor ons lê.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jean ·

Hey. Dokters is maar gewoonlik verkeerd. So nou en dan kry jy een wat erken “Ek weet nie.”

Maar om voor te gee jou toekoms is in jou eie hande? Wel. Laat my gerus weet hoe jou dag uitdraai.

Sarie ·

As èk die berig & video règ verstaan het, het Jake die toespraak vòòr die diagnose geskryf… Èk glo nie hy het bedoel sý “lewe” is in sy eie hande nie. Èk het afgelei, dat hy die boodskap wou oordra, dat wàt jy met jou lewe doen, in joù eie hande lê. Met ander woorde: “Jou toekoms (lewe), is in jou EIE hande”…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.