Video: ‘Onsigbaarheidspak’ werk toe nie lekker nie

(Skermgreep uit die video)

Kykers lag lekker vir ʼn man se grappige poging om “onsigbaar” te wees terwyl sy verloofde besig is met Zoom-gesprekke vir haar werk.

Tydens die pandemie het talle mense van Zoom of Skype gebruik gemaak om aanlyn vergaderings by te woon. Wanneer die kombuis of sitkamer egter jou kantoor word, kan diegene saam met wie jy bly, soms onverwags in die video verskyn.

Een man het gedink hy het ʼn oplossing gevind om homself “onsigbaar” te maak wanneer sy verloofde besig is in ʼn vergadering. Sy idee het egter nie volgens plan verloop nie.

In ʼn plasing op TikTok, het ʼn gebruiker genaamd @tailoredbits onthul dat hy ʼn groen morfeerpak aangeskaf het om aan te trek wanneer hy moontlik in die agtergrond op ʼn video sou verskyn.

In die video stap hy, geklee in die morfeerpak, agter verby sy verloofde. Die man kan egter nog steeds grootliks gesien word waar hy met ʼn koffiebeker verbystap. Slegs sekere dele blyk “onsigbaar” te wees.

Sy verloofde gaan voort met haar gesprek ondanks die grappige onsuksesvolle poging. “Flawless execution” is die beskrywing by die video.

Die video is reeds meer as 30 miljoen keer gekyk en meer as 6,4 miljoen mense het daarvan gehou.

Kykers het lekker gelag vir die man se poging. “Dit word al hoe snaakser hoe meer ek daarna kyk,” het een gesê. “Haha, dit trek selfs die aandag nog meer af!” het ʼn ander bygevoeg.

@tailoredbits

Flawless execution. #fyp #foryou #wfh #zoom #workfromhome

♬ original sound – tailoredbits

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Phillip ·

Ek sal n stinkende boem los en hartloop sal nie daar staan nie nee nee

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.