[Video] Ontnugterende vuurwapen-advertensie

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Nie-winsgewende organisasie wat persone wil ontmoedig om vir die eerste keer ʼn vuurwapen te koop, se advertensie doen weer die ronde op sosiale media.

Die advertensie deur States United to Prevent Gun Violence, in die vorm van ʼn maatskaplike eksperiment, wys dat vuurwapens ʼn geskiedenis opbou. Om mense te ontmoedig om vir die eerste keer ʼn vuurwapen te koop, het hulle ʼn vuurwapenwinkel in New York oopgemaak waar hulle die geskiedenis van elke vuurwapen aan die klante oordra.

Van die vuurwapens wat in die advertensie vertoon word, is onder andere ʼn vuurwapen wat tydens die skietery by die Sandy Hook-skool gebruik is waar 26 persone gesterf het. Een van die ander vuurwapens is ʼn rewolwer wat ʼn vyfjarige in sy ouers se slaapkamer gevind het en sy nege maande oue bababoetie mee geskiet het.

Die organisasie poog om deur bewusmaking vuurwapenongelukke te voorkom.

“Elke geweer het ʼn geskiedenis, laat ons dit nie herhaal nie,” lui die organisasie se slagspreuk.

Lees meer oor die verskillende vuurwapens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Loeis ·

Vuurwapens maak nie mense dood nie. Die mense wie hulle vashou doen.

United States to Prevent Gun Violence wil vuurwapens uit mense se hande hou terwyl politici weermagte beheer wat wel wapens het, en veel gevaarliker wapens daarby. Wanneer heet die mense veergeet dat regerings vir ons werk, en dat ons hul salarisse betaal?

In Suid-Afrika word byna elke misdaad met ‘n vuurwapen met onwettige wapens gepleeg. As mense soos daardie hulle sin kry sal wetsgehoorsame mense nie wapens he nie, maar dit maak nie sin om te dink dat kriminele hul wapens sal inhandig nie.

Moet julle nie laat mislei nie.

doefels ·

Dis hoekom die berig onder ‘Vreemdhede’ geplaas word en nie ‘Nuus’ nie. Dis wragties VREEMD vir ons Arikaner lesermark…

nico ·

Wel as iemand vir my sê di pistool het 5 plaas aanvallers dood geskiet, of 3 verkragters betaal ek dubbel die prys wat die winkel soek vir hom

JP Fourie ·

@ nico: as daar vier sulke wapens is vat ek die twee wat jy nie vat ni!

Shannon ·

Die moordenaars van elk een van die afgelope massa moorde het met kontant betaal vir hulle wapens.
Dus, geld maak mense dood.
Verban geld.

Rooijan ·

Maroela ek is nie seker wat julle probeer bereik nie maar weet julle dat hierdie soort artikel reg in die hande van die Zuma bende speel wat juis poog om die boere en ander mense wat hulself moet verdedig te probeer ontwapen. Dink bietjie net in die laaste week wat sou gebeur het as daardie profesionele jagter in die laeveld nie gewapen was nie? Julle moet dink oor die artikels wat julle plaas.

Rupert Ashford ·

The day they outlaw guns, only the outlaws will have guns.

Thys ·

Wel die Desember tyd gaan daar duisende mense op die paaie sterf… Verban motors… Daar word ook duisende mense met messe dood gemaak… Verban dit ook…. Ek o ja wat van hoe geboue.. Mense spring vandaar af… En moenie vliegtuie vergeet nie… En as ons niemand laat swem nie sal daar ook nie verdrinkings wees nie… Se maar net… Dis die mense…

Ruan ·

Byle, skroewedraaiers, kapmesse, wielsleutels – alles van die duiwel of wat se ek …. verban asb die goed! O ja en bakstene.

'as'verbrande ·

mense met Bose gedagtes kan met ENIGE voorwerp MOOR

Christine ·

Dis die mens se keuse is wat jou laat doen wat jy doen. Ongelukkig is daar verkeerde keuses wat sy tol eis. Verantwoordelikheid speel n groot rol in jou lewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.