Video: Ontsteltenis oor baba wat met luislang speel

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Pa van Michigan in Amerika word erg gekritiseer nadat hy ʼn video op die internet gepubliseer het van sy babadogtertjie wat met ʼn luislang speel.

Die video wys hoe Jamie Guarino se babadogtertjie, Alyssa, op die grond lê en die luislang om haar en bo-oor haar seil. Sy was 14 maande oud toe die video gemaak is.

Guarino het aan Barcroft TV gesê hy het bloot probeer wys dat slange nie “bose wesens” is nie. Volgens hom was sy dogter nooit in enige gevaar nie.

Talle YouTube-gebruikers het die man egter erg gekritiseer oor die video.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Janette Lodder ·

Natuurlik is daardie baba in gevaar. Slange is wilde diere wat onvoorspelbaar is.
Dis uiters onverantwoordelik, daardie dogtertjieis nog baie klein en dink dis ‘n speelding.
Nee werklik hy was onverantwoordelik en dink aan sy eie belange. Ai tog, wat mense doen soms vir hulle eie vermaak verstom my.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.