[Video] Onwettige parkeerder leer sy les

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Man wat onwettig op ʼn rystoelparkering parkeer het, het ʼn groot verrassing gekry toe hy na sy motor terugkeer.

Die man se motor, selfs sy bande, is oraloor met blou papiertjies bedek, met wit papiertjies tussenin wat die rystoelparkering-teken uitbeeld.

Die skare het om die motor saamgedrom en gejil en hande geklap toe die man uiteindelik wou ry. Dis duidelik in die video dat hy net so gou as moontlik van die skare wou wegkom, en sy bande skree toe hy uiteindelik wegjaag.

Die voorval het in Maringa, Brasilië plaasgevind. Die video is al meer as 134 miljoen keer op Facebook en meer as 2.5 miljoen keer op YouTube gekyk.

What happens if you park in a disabled spot in Brazil… :D

Posted by Pirate FM on Thursday, 9 July 2015

https://youtu.be/k-jJ4uq8TWk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

A ·

Absoluut briljant. Hulle moet dit met die onwettige parkeerders hier doen. En hulle dan toesluit!

Jan ·

Briljant! Ek geniet dit so as die blinde sambok pakslae uitdeel

OumaLien ·

Dit is ‘n uitstekende plan – “Name and shame” so ‘n persoon.

Gestremd ·

Die publiek is so omkundig oor die rolstoel teken maar die owehede is nog meer onkundig.
Die rolstoel teken is nie vir rolstoel gebruikers alleen nie, dit is die internasionale teken vir gestremde mense.
Ek is ‘n onvoledige kwadropleeg met ‘n C6-7 breuk, ek het net 20% gebruik aan my regterkant en 70% aan die linkerkant.
Ek het ‘n plakker gehad met die kenmerklike rystoel op en dit het vir my meer hartseer gegee as plesier. Ek het al meer tyd in die hof spandeer oor boetes wat vir my gegee word deur beamptes wat nie die moeite doen om te kyk vir die plakker nie want ek loop mos met ‘n loopraam en daar is geen teken van ‘n rolstoel huiser aan my motor nie.
Daai motor kon netsowel myne gewees het.

Dink mooi voor julle sulke goed doen.

Peet Schabort ·

Gestremd, ek glo dat daar seker gemaak is van die man se liggaamsmobiliteit voor dit gedoen is.
Ek glo dat hy ‘n gereelde oortreder was.

Leendert van Oostrum ·

Ek verstaan die probleem, maar dit maak my ook woedend as iemand in so ‘n parkeerplek stilhou en ewe hups uit die kar wip om gou in die winkel in te gaan.

Ek het vir een so ‘n dame gesê: “Die parkeerplek is vir liggaamlik gestremdes, nie vir verstandelik gestremdes nie”. Sy het nie geantwoord nie.

Eliza-beth ·

Welgedaan! Gestremde, ja dis jammer daar is sulke lui mense wat julle geallokkeerde parkering steel. Want dis niks anders as luiheid nie, almal wil mos REG voor winkels stop. Ek het eenkeer saam met iemand gery wat al om en om en om die parkeerarea gery het, maar nie wou parkeer as dit nie amper reg by die ingang is nie, want HAAR HARE sal deurmekaar waai in die wind! Ai ek was dik van die lag; sy sal eerder ‘n halftenk petrol uitry as om 20 treë te stap! Ander weer is eenvoudig te lui om te stap en wil reg voor stop. Ek wens meer mense wil die voorbeeld hierbo volg.

Knersus D ·

Jip – stem heeltemal saam. Dis alles behalwe ‘n rolstoelparkering! Dis gestremdes se motors se parkering. Maar tipiese swak MM taalgebruik! Hulle verwys seker ook na Stetsons as JR hoede… LOL!

Willie Eld ·

EN eweneens is MM se beriggewers ook nie baie skerp nie. Dis nie ‘n rystoel parkering nie, maar wel parkering vir gestremdes se voertuie. Dan, is ‘n stetson ook beter bekend as ‘n JR hoed….

Elinette ·

Gestremd, daardie ou is nie eens NAASTENBY gestremd nie, hy is jonk, gesond en … LUI EN SELFSUGTIG!!! By die meeste inkopiesentrums kry jy tydelike- of dag-permitte om op ‘n gestremde-parkering te mag staan. Jy kry ook spesifiserende gestremdhede-tekens, bv. een wat met die wit rolstoel op onder ‘n lyntjie het wat sal lees” “Limited physical abilities”. En wanneer jy ‘n boete kry, sal jy maar dit moet gaan verdedig in die hof. Om hierdie rede word ons sekuriteit by die sentrum waar ek werk, verplig om ‘n foto van die oortredende voertuig te neem as hulle dit geklamp het, sodat daar bewyse kan wees dat die kliënt nie die nodige permit gehad het nie.

Johan 2 ·

Ek stem saam. Dink mooi ek het n vriend wat gestremd is en wat al n slag of wat deurgeloop het omdat hy saam iemand anders gery het (hy het vergeet om sy bordjie te vat).

Annatjie ·

Ditsim! Dit maak my woedend as iemand op ‘n gestremde parkeerplek stilhou en hy klim doodluiters uit en stap in die winkel in! Ek wil sommer sy bande afblaas!

Peet Schabort ·

By ‘n besigheidsentrum in Nigel was die volgende bordjie:
“STUPIDITY IS NOT A DISABILITY”.
Dit geld ook sommer vir die luigatte.

Marius Dreyer ·

Die verkeersbeampte moes hom beboet het vir rommelstrooi en hom 50 keer laat sê het:
“Disabled parking is for the physically disabled, not the mentally challenged!”

SNEL ·

Ja, maak mens vies as mense niks makeer nie, maar hulle stop daar. Wat my bloed nog meer laat kook as vet, oorgewig, plomp te moeg om te beweeg mense daar stop en maak of oorgewig n siekte is….die loop kan hulle net goed doen.

SNEL ·

Punt is eintlik, vet, maer, kort, lank, as jy niks makeer nie, moet hulle eerder daardie parkerings los en hoop hulle kry dit nie nog regtig eendag self nodig nie. Daardie parkerings is nie net naby omdat dit meer gerieflik is vir mense wat moeilik beweeg nie, maar die parkerings is breër as n normale een, sodat hulle ook makliker in en uit die voertuig kan kom, want baie het daardie ekstra spasie nodig en mense besef nie hoe moeilik dit is vir iemand wat moeilik beweeg, om oor n pad te loop nie, so om in die parkerings net oorkant die “disability parkings” te stop, lyk miskien nog steeds naby vir n normale ou, maar vir die gestremde is dit nie so eenvoudig nie. Mens se tyd is ook net soos n normale mens sin soms beperk, mens kan nie net inhol in n winkel in, en gryp wat jy nodig het en uithol nie, maar nou moet jy nog rondhang in die parkeer area om te wag dat n “disability” parkering oopgaan….net om te sien die persoon makeer net mooi niks nie. Dis genoeg om my in n put te laat sak oor my omstandighede en die hand wat my uitgedeel is, en dat ander dit net altyd so maklik het en maklik kan beweeg en dan nog dit wat my lewe net n rapsie moet verbeter vat by my. Nie in my wildste drome gedink ek sal eendag in so posisie wees soos ek nou is nie, was aan die gang, lekker beweeg, was gek daaroor om te gaan stap, maar nou ja, nou is ek in die posisie, maklik is dit glad nie. Wys mens net, normaal vandag en môre soek jy self n “disability parking”.

Chris W ·

Na ons ongeluk is my vrou van ‘n rolstoel afhanklik en glo my dis nie maklik om inkopies meer te gaan doen nie!Ek het hoeveel keer maar in ‘n gewone parkering moes parkeer en met ‘n groot gesukkel om nie die voertuig langs my te beskadig nie,my vrou in haar rolstoel ingelaai en gaan ikopies doen ,Intussen het sy ‘n blaas probleem ook opgedoen en dan moet ek my met haar haas na die naaste toilet net om te vind soos in een Mall ,dat die rolstoel nie by die deur kan ingaan nie!!

Lynette ·

Hier by ons sentrum is nie so n probleem nie. As jy daar parkeer en jy vertoon nie jou rystoelskyfie nie, word jou wiele geklamp en dit word nie verwyder voordat jy nie n R500 boete betaal het nie. Glo my, dit werk!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.