Video: Oorgewig tiener kry matriekafskeidrok danksy Facebook

Kristen Harris, eienaar van Designer Diva Consignment Boutique

Kristen Harris, eienaar van Designer Diva Consignment Boutique

Kristen Harris, eienaar van Designer Diva Consignment Boutique het ʼn pleidooi op Facebook gelewer nadat ʼn oorgewig tiener nie ʼn matriekafskeidrok kon kry nie, en in haar winkel se aantrekhokkie staan en huil het.

Die winkel in Massachusetts, Amerika, het eers in Februarie sy deure oopgemaak en het dus nog nie ʼn verskeidenheid van groottes nie.

Die tiener was op soek na ʼn roknommer 22-grootte (24 in Suid-Afrika).

Harris het op Facebook geskryf:

“Aan die pragtige meisie wat vandag in my winkel op soek was na ʼn nommer 22. Ek weet nie wat is jou naam nie, maar ek sal nie jou gesig vergeet nie. Ek is so jammer jy was hartseer, maar moenie wees nie. Ek gaan jou droomrok opspoor! Iemand het reeds een gebring en ek gaan alles in my vermoë doen om nog te kry. Kom asseblief weer in, en ek sal betaal vir die rok!”

Die reaksie was oorweldigend en die tiener het Maandag met Harris in verbinding getree. Sy sal volgende week ʼn privaatpassing by die winkel kom doen.

Klik hier om die winkel se Facebook-blad te besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anon ·

Sjoe! Wat n mooi storie. Kry sommer trane in my oe, dink regtig die dame verdien n oscar. Mens kry min verkoopdames/eienaar van n klerewinkel wat dit sal doen. Hulle sal eerder die oorgewig persoon weg wys en se ek het nie klere vir jou nie. Sal ook nie moeite doen om vir die vetties ook klere aan te hou nie, sal seker hulle winkel skade doen. Wens ons het hier in Suid-Afrika ook so n winkel. Elke meisie verdien dit om mooi te lyk al is jy maer of vet. Ek hoop sy gaan haar matriekafskeid baie geniet in haar droom rok.

tjoepie ·

Dit is n pragtige storie. Verduidelik asb tog net ho
e n nommer 24 in S.A as oorgewig aangedui kan word?

Melissa ·

Tjoepie, dit is soos ‘n rok grootte 6 = ‘n 30 ; 8 = ‘n 32 (10=34; 12=36 etc)
Rok grootte 24 is oorgewig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.