Die Discovery Family-kanaal se video oor ʼn orangoetang wat baba-oppasser speel vir twee tiere, is dalk die oulikste ding wat jy vandag gaan kyk.
Volgens die kanaal het die manlike orangoetang die rol oorgeneem toe hy dopgehou het hoe mense die katte versorg. “Hy speel omtrent daagliks met hulle en geniet hulle vreeslik,” sê die aanbieder in die video.
Hou hiervan! So cute :-)
Wow daardie hond en oerang oetang is die heel beste video wat ek nog ooit gesien het Ek dink dis ongelooflik mooi!!!
Die diere videos sal sekerlik eendag by ons meer liefde vir diere laat posvat. Hulle is fantasties en regtig net vol liefde as mens se benadering so is. Altans so het ek ervaar. Ons mishandel nog ons diere in RSA vanaf boer met hulle tot jag vir gewin. Hulle is meer as produksie eenhede dink ek en so ook volstruise en ganse en eende en hoenders, alle vorms van lewe.