Video: Orkaan Matthew: “Julle kinders gaan sterf,” waarsku Fox-weeraanbieder

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

Shep Smith, ʼn weeraanbieder van Fox News, het so sterk gevoel daaroor dat mense in die pad van Orkaan Matthew in Haiti ontruimingswaarskuwings ernstig moet opneem, dat hy ʼn bietjie meegevoer geraak het.

Volgens die webwerf mirror.co.uk het dié weeraanbieder Donderdag tydens ʼn weerberig kykers gewaarsku: “Julle gaan sterf en jul kinders gaan ook sterf.”

Ten spyte van herhaalde waarskuwings van owerhede, dat mense in hoërisikogebiede die areas moet ontruim, het baie mense glo nie die waarskuwings ernstig opgeneem nie en verkies om tuis te bly. Hoewel die publiek geskok gereageer het op Smith se uitlating, sê hy dat hy bloot probeer het om die erns van die ontruimingswaarskuwings by Fox News se kykers tuis te bring.

Meer as drie miljoen mense is reeds uit Florida, Georgia en Noord- en Suid-Carolina ontruim, terwyl die VSA gereed maak vir Orkaan Matthew se koms. Byna 340 mense is reeds in Haiti dood toe die orkaan dié eiland getref het.

Bron: Mirror.co.uk

https://youtu.be/CIkCXOAkLJA

[Video nie meer beskikbaar nie.]

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kaufman ·

Darm iemand met n ruggraat en n opinie. Dankie vir jou sterk waarskuwing. Ek lag die pipe aliens after wat so vreeslik ontstel is oor sy waarskuwing.

Gek ·

Daardie einste gekke wat nie luister nie gaan eerste bakhand staan met hartseer gesiggies vir hulp nadat hulle “slagoffers” van die storm is.

Lize ·

“You and everyone you know will be dead… and your kids die too” pas perfek in ‘n nihilisitiese meme.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.