Video: Ouers moet byna R2 miljoen opdok ná kind kunswerk omstamp

Skermgreep uit die video

Die ouers van ʼn vyfjarige seun van Kansas, VSA, het ʼn eis van $132 000 (meer as R1,7 miljoen) ontvang nadat hy ʼn kunswerk by ʼn plaaslike gemeenskapsentrum omgestamp het.

Die beeldhouwerk, “Aphrodite di Kansas City”, is uitgestal in die Tomahawk Ridge-gemeenskapsentrum in Overland Park. Beeldmateriaal wys hoe die seun aan die kunswerk vat voor dit omval.

Die gesin het ʼn paar dae later die eis van $132 000 ontvang van Overland Park se versekeringsmaatskappy, waarin daar genoem word dat die beeld onherstelbaar beskadig is. “Jy is verantwoordelik vir die toesig van ʼn minderjarige kind. Jou versuim om hom dop te hou, word as nalatig beskou,” lui die brief.

“Ek was verbaas, en het aanstoot geneem dat hulle my nalatig noem,” het die seun se ma, Sarah Goodman, aan ABC gesê. “Hulle het dit soos ʼn misdaadtoneel hanteer.”

Die kunstenaar, Bill Lyons, het aan ABC News gesê hy het twee jaar lank aan die stuk gewerk. Hy het self die beeld ondersoek en bepaal dat dit nie herstel kan word nie.

“Ons het al ander kunswerke hier gehad en nog nooit ʼn probleem gehad nie,” het Sean Reilly, woordvoerder vir die stad, gesê. “Ons het nog nooit só situasie gehad nie. Kinders het nog nooit op die kunswerke geklim nie.”

Goodman voer aan die beeldhouwerk moes stewiger vasgemaak gewees het. Sy ontken ook dat haar kind sonder toesig was. Volgens haar het sy en haar man daar naby staan en gesels en vriende gegroet toe die voorval gebeur het. “Hy het dit nie doelbewus gebreek nie. Dit het op hom geval. Dit was nie stewig vasgemaak nie. Dit was glad nie veilig nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Goeie prokereur ·

‘n Goeie prokereur sou dalk die gallery kry om geld aan die ouers te betaal want daar moes die nodige toegangsbeheer en veiligheidsmaatreels wees, en dit moes standvastig vasgemaak wees. Kinders speel, hardloop rond, dit is hoe hulle is. Maar ouertoesig was vrot. Beide was verkeerd.

Goeie Maniere ·

As die kinders maniere gehad het, sou hul nie rondhardloop binne n gebou nie, veral nie in n kunsuitstalling nie. 2. By kunsgalerye hoef daar nie “toegangs beheer” ens te wees nie, hang af van die gallery en tiepe werke. 3. Die kind het duidelik die beeld probeer afstamp en so vandaliseer. Die gallery moet meer eis.

Dom Kluit ·

Dis ‘n GEMEENSKAP SENTER nie ‘n KUNSGALLERY…………eenige iemand wat iets wat kon suis R1.7mil. werd is so uitstal dat mens dit kan om stamp , of vir daai rede daar aan kan vat is die een wat moet Pa staan vir sy eie onnosel.

Anoniem ·

Jammer tannie, jy het met vriende gesit en gesels en nie eens na jou seuntjie se kant toe gekyk nie. Jy was dus slegs in sy nabyheid, jy het nie toesig gehou nie. Die beeldmateriaal wys duidelik dat jou kind nie net aan die beeld vat nie, maar twee keer teen daardie spesifieke uitstalling probeer opklim. Twee keer! Jy sal maar moet betaal. Vat jou kind volgende keer speelpark toe, nie na ‘n kunsuitstalling nie.

Sanet ·

Dis nie die ma wat daar sit nie. As jy op Youtube gaan kyk… die ma het ‘n pienk rok aan met ‘n babadogtertjie in haar arms.

SoosDitIs ·

Die ouers is nerens in die video te sien nie. Ek raak mal as my kind net 1m van my af is in enige plek, want net nou gebeur so iets en maak ‘n duur les. Hoe vat jy ‘n 5 jarige in so plek in? Dis vervelig vir hulle. Nee wat, ouers, ongelukkig gaan ek saam met die gallery en kunstenaar stem hier.

Anoniem ·

Leuenstoel speurdenaars, kom ons wees nou maar eelik, die museum moet ook maar aanspreeklikheid ervaar, dis nie asof daardie standbeeld agter ‘n ‘barrier’ of ‘n trespassing lint’ met duidelike waarskuwing gebere was nie……….just saying. Kinders is maar kinders, hulle wou net speel. En dis ook tog nie asof die beeldjie in stukke gebreek het nie

Freek ·

1. Dis nie n Museum nie. 2. Gallerye/gemeenskap sentrums hoef geen lint ens op te sit met kuns uitstallings nie. 3. Die kind het duidelik die beeld probeer afstamp en verniel. 4. ENTER AT OWN RISK en voorwaardes wat geld. 5. Geen ouer toesig, soos die wet sê in VSA nie. Dié moes baie meer gewees het.

Christina ·

Kinders moet geleer word om in veskillende situasies/ geleenthede op te tree. Rond harloop en klouter is aanvaarbaar buite’n huis en eie werf. Museum is goeie voorbeeld van waar ouers vooraf vir die kind moet leiding gee soos bv. Kyk maar moenie vat, moenie hardloop ens.
Kinders is kinders maar ouers moet van beter weet anders skep hul verleentheid en in die geval skade.

Blom ·

Ja-nee, geen toesig deur die ouers nie, duidelik te sien uit die video.
Die kind het teen die beeld probeer opklim.
Persoonlik sal ek nie sulke klein kindertjies na ‘n kunsgalery neem nie.

JoeV ·

Die galery voldoen nie aan die hedendaagse veiligheids regulasies nie, daar moes reëlings om wees.
Die kind aan die anderkant, voldoen nie aan oudtydse opvoeding en respek nie, en moet helse pakslae kry….

Andrea ·

Hahaha… Lekker lag ek nou. Ja jys spot-on met jou kommentaar. As dit my kindjie was het ek sy agterwêreld goed warm gemaak. My dogter het jare gelede in n winkel n klein beeldjie gebreek omdat sy die reël “kyk met jou oë, nie jou hande” gebreek het. Ek moes betaal (darem nie soveel soos hierdie ouers nie), maar die pakslae tuis het die reël weer op die voorgrond gestoot.

Linda van Mosselbaai ·

Jare gelede het ek ook ‘n vaas wat op ‘n metaal stander was omgestamp – het gaan goed raam – sê toe ons sal moet praat as ek my goed kom haal. Het met prokureurs vriend gepraat hy sê hulle kan dit nie van my verhaal nie – die goed moet staan waar dit nie omgestamp kan word nie .Netso is daardie rympie van “As jy die breek sien dit as gekoop” nie eers werd die papier waarop dit geskryf word nie.
In hierdie geval moet daar liewer nie kinders toegelaat word – as die beelde nie veilig vas staan nie.

Kowa ·

Die ma en vriendinne kyk nie eers op as die kinders so ingehardloop kom nie. Die kind is hoe lank besig om aan die kunswerk te hang voordat hy dit aftrek. Die ma sal dalk ‘n les leer daaruit om haar kind te leer mens hardloop nie rond in so ‘n plek nie. ‘n Ma sit nie en klets terwyl jou kind in ‘n gallery losgelaat word om te maak of dit ‘n speelpark is nie. Mens maak ook nie kunswerke vas in jou huis nie, waarom moet ‘n gallery dit vasmaak? Vir mense wie se kinders nie maniere geleer word nie?

Robert ·

@kowa: wie sê vir jou die vrou met die swart romp was die ma! jy kan nie sommer net aanneem nie.

Sê net ·

Gaan kyk op Youtube… Daai is nie die ma nie. Die ma is geensins in die video skoot nie.

christa ·

of die beeld vas of losstaande was is nie die probleem nie. Ouers los hulle kinders om oral oor te neem. Hulle kyk nie na hul kinders nie. Waar is die tyd wat kinders geleer word om by ander mense of plekke stil te sit. Kinders wat van kleins af geleer word om in ‘n kerk stil te sit, sal nie op ander plekke ‘n probleem wees nie.

corne ·

vir my lyk dit nie of beels te veel skade kon kry nie le nie eers in stukke nie hier is iets aan die gang iemand wil geldmaak

Lorinda Gerber ·

Ek sien nie toesig nie. As kind het my ouers my geleer ‘jy kyk met jou oë en nie met jou hande nie’. Opvoeding, opvoeding, opvoeding!

Sarie ·

DIs ‘n KUNS GALLERY – nie ‘n speelpark met klim en klouter rama vir kinders nie. En as jy jou kinders na so ‘n plek toe vat, maak seker hulle het maniere en hardloop nie rond soos duidelik te siene kan wees, nie. Duidelik ‘n te kort aan dissipline.

Sarie ·

Dit is ‘n kunsgallery – jy gaan soontoe om van kunste te leer, en as jy jou kinders saam vat soontoe leer jy hulle van die kunste, en een punt is juis om dit te waardeer. As jy nie die “prentjie” kry dat jou kinders dit nie verdien nie, dan vat jy hulle na ‘n speelpark toe eerder.

Ben ·

Kinders is nie veronderstel om binne geboue ront te hardloop nie. Die rede is dat meubels ens skerp hoeke hoogtes ens het wat kinders seer of self dood kan maak. Hierdie is een van die lesse wat ouers moet leer aan hulle kinders. Die realiteit is dat die moderne ouer en samelewing ‘n grap gemaak het van disipline. Kyk bv na die voorval van die kind wat die onderwyser aanrand die afgelope week en dan die belaglike uitspraak van die vroulike regter wat se jy mag jou kind nie tugtig nie. Hoe se die Engelse – “Out of Line”. Wat jy saai sal jy maai.

TDW ·

Dit klink vir my asof nie een kommentator hierbo al ooit ‘n kind groot gemaak het nie. Of as hulle het het hulle wraggies engele as kinders gehad en was nooit self kind nie
Sjoe. Die veroordeeling!
Ek kan nog goed onthou hoe ek my kind hier langs my gehad het en, wat gevoel het soos ‘n paar sekondes maar meer iets soos 3 minute was, toe ek opkyk het hy sy vinger in die papegaai se hok. Ongelukke met kleingoed gebeur. Dit maak nie die ouers sleg nie, dit beteken die kinders is avontuurlustig en woelig. ‘n Ouer kan net soveel doen, dan is ons almal maar aan genade oorgelaat. Dit sal almal ‘n bietjie sielsvrede gee as julle liewer ‘n sukkelende ma of pa handjie bysit en jouself stop voor jy mense vertel hoe dinge gedoen behoort te word, veral eers na die feit.

SNEL ·

Dis so goed soos om by mense te kuier en jou kind te los om rond te beweeg en hardloop nes hy wil, dit kan nie geduld word nie, want goed staan rond en kan val en breek. Wat nog te sê in so plek met duur goed. Nee wat, hier is die ouers skuldig, hul was nie eers naby of gekeer toe die kind nader stap om aan die beeld te vat nie. Veral in oorsee se lande, daar moet skole en almal die kinders maniere leer behalwe die ouers. Skouers word net opgetrek soos nou hier. Dis n vreeslike bedrag, maar nou ja, hulle moet maar tot n vergelyk kom, maar ouers moes n oog gegooi het. Alles kan nie altyd agter slot en grendel wees vir ouers wat meters ver van n kind n geselsie wil aanknoop nie, neem verantwoordelikheid vir jou bloedjie.

Johanna Botha ·

Die oues is deur die blare ..betaal maar as jy nie na jou kinders kan omsien nie !

Koos ·

Hierdie kind sou 40 jaar terug ‘n lekker pakslae tuis gekry het. Nou soek sy ouers oral fout behalwe by hulself. Klein twak.

rerig? ·

Die kinders hol rond – in ‘n KUNS GALERY van alle plekke – en die ma sit en gesels asof sy op haar eie agterstoep is. Sy was nalatig. Mens hou jou kind dop. VERAL in so plek waar waardevolle items is.

Johan ·

Ek dink die ouers was verkeerd deur nie voldoende toesig te hou nie. Kinders is kinders – ja. Daarom des te meer moes die ouers beter toesig gehou het.

Maar ek dink die gallery vat ‘n kans. Onthou dit is VSA. Alles is mos groter en erger daar. As jy daar eis, dan EIS jy. As daai stuk “onherstelbaar beskadig” is, dan is my hout tuinhekkie wat ons nuwe hond gekou het, ook onherstelbaar beskadig. Ek dink die gallery vererger met hul eis. As die ding dan so baie werd was, hoekom was dit nie beter vasgemaak nie?

Riouna Martin ·

Dit is baie belangrik om jou kinders van klein tyd af te leer moenie aan als vat nie. Neem jou kinders oral en stel hul bekend aan als leer hul hoe on in elke plek op te tree. Die ouers was nie naby die kind nie. So hul moet maar betaal. Kinders moennie rondhardloop in die publiek nie veral nie in sulke pkekke nie. Vat hulle park toe of huis toe leer hulle om buite in tuin grasperk te hardloop en speel.

Len ·

Daai kind kon seer gekry het – plus wie bepaal die regte ‘waarde’ van die ‘kuns’ beeld – vir my is die beeld soveel werd soos n stuk klip. Kan ek jou dagvaar vir R1000000 omdat jy oor my kuns – uitstal molshoop gery het in my voortuin? Ek het jare spandeer om daai sand te so te pak en ek het bepaal dit is R1000000 werd, so nou gaan jy vir die res van jou natuurilke lewe betaal vir dit. Ek dink n n kunstenaar is by regte om die onvang van skade te bepaal nie, omdat hulle sentimentele waarde heg daaraan. N nuwe stuk klip kos R100 of so, die kind kan nie help dat jy voel dit is R2000000 werd nie. Dis net jou gevoel oor n klip beeld, wat ek seker op n saterdag in my garage kan maak. Dis n kind, ja hy was stout, dis steeds kind. As dit my kind was, stel ek n teen eis in vir nalatigheid – daai klip kan n klein kind baie seer maak.

Oujongvrou ·

Ouers is deesdae te lam om hulle kinders op te voed. Orals waar mens kom is hulle buite beheer. Paar plekke waar ek nie meer eet ook nie. Die lawaai en rondhardlopery maak mens mal. Ek huil my dood as die neuksel n kunswerk wat 2 jr gevat het om te voltooi omgooi. Daai ouers moet maar opdok en in toekoms sal die kind beter opgepas word.

E.K. die eerste ·

“Beauty is in the eye of the beholder” – so jy kuns nie kan waardeer of verstaan nie moenie jou mond daaroor uitspoel nie. Om Picasso aan te haal: “The purpose of art is washing the dust of daily life off our souls.”

Emily ·

Kyk, daai kunswerk kon stewiger vas geheg gewees het, dis nalatig van die gallery.

Maar as die ouers die knaap dop gehou het, kon hul die val dalk gekeer het. Dis nie ‘n speelpark met sit en klets en kuier nie, dat kids rond hardloop soos lus het nie. Dis plek met waardevolle items.

Kan ook nie sien hoe 5 jarige kind kuns sal waardeer as nie daarin belangstelling toon nie, pretpark wou baie goedkoper uit werk in die situasie.

STOP DIT NET ·

Ek is geskok om sommige van hierdie kommentare te lees … as kunstenaar myself, weet ek watse harde werk beplanning, ure ens, agter een so beeld is … OUERS WAT NA SO PLEK TOE GAAN, MOET HULLE KINDERS BEHEER EN IN TOOM HOU! Die kind was verkeerd, die ouers selfs NOG meer …

Die wat beweer die beeld was nie genoeg beveilig nie, dink weer, dis n kuns en beeld uitstalling, NIE N PRET PARK nie …
Die wat beweer die beeld is nie baie werd nie, ek daag jou uit om so iets te skep! Dan praat ons weer!

Hou asb op om vir onopgevoede ongehoorsame kinders te skerm, dis hoekom die jeug is wat hul is! For the record, i have two of my own, of which both of them, are well behaved and raised accordingly ?

Inge ·

Die ouers was nie in sig nie, mens moet na kleintjies kyk en vooraf vir hulle sê dat hulle nie aan die goed mag vat nie. Ek het ‘n 4 jarige en ek hou hom altyd onder die oog. Die video wys duidelik dit is nie “per ongeluk” nie. Hoe lank was hy nie besig om te peuter nie! Die ouers moet betaal en klaar.

Koosamon ·

Mens sou dink dat daar beter toesighouding is by kunswerke wat so maklik deur ‘n vyfjarige bereik kan word. ‘n Vyfjarige het geen begrip van die waarde van ‘n kunswerk nie. Dis ook maklik om die ouers te veroordeel, maar wanneer jy self jong kinders het wat partykeer buite sig speel en nonsens aanjaag, verstaan mens dat hierdie dinge maar gebeur – net nie so gereeld met R2 miljoen beelde nie…

E.K. die eerste ·

‘n Kunsgallery is juis so “ingerig” dat beelde, kunswerke ens tot hul reg kom deur op ‘n sekere manier uit te stal. Kunsgalerye is nie daar om die werke 5-jarige bestand te maak nie. Dis die OUER se plig om die kind in toom te hou. As jy dink jou kind gaan rondhol, hou hom weg daar.

Eugene ·

You break, you pay…. Normale praktyk. Mens kan ook sien daar nie dissipline nie, want daardie kinders sal hul nie so wangedra het in ander mens se plek as daar was nie. Mens hardloop buite, nie binne n huis rond nie. In dieselfde asem….iemand so lomp soos ek kan oor sy eie voete val en dan staan daardie baie duur item nie baie stewig nie, dus moet gallery ook deels verantwoordelikheid neem.

Gertryda ·

Ek sterf 10 dode as so iets met my of van my gebeur
Kinders moet geleer word daar is plekke wat verskillende gedrag verg

Anoniem ·

Geen simpatie!! Die kinders speel daar rond, dis n galery nie n parkie nie!!! Waar is die ouers se toesig!!!

Rita Parys ·

Ek stem saam die ouers moet verantwoordelik gehou word maar hoekom was daar nie ‘n opsigter in die lokaal nie?

Gerhard ·

Museums moet seker maar in vandag se tyd alle kunswerke vasbout en vasskroef. Baie ouers dink dit is in die haak dat hul stout kinders op kunswerke wat honderdduisende of selfs miljoene werd is speel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.