Video: Oulikste video van ongewone vriende

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Video van ʼn paar ongewone dierevriende is reeds meer as 16 miljoen keer op YouTube gekyk.

Die gebruiker Android het die video in Februarie 2015 opgelaai. Die video sluit beeldmateriaal in van ‘n skaap en ‘n olifant wat vriende is, ‘n dolfyn en ‘n hond wat saamswem, ‘n apie en ‘n perd wat saamspeel, ‘n dassie wat op ‘n skilpad se rug ry, en selfs ‘n meerkat en ‘n welpie wat knus saam op die bank lê.

“Van die diere in die video word deur wonderlike nie-winsgewende organisasies versorg,” aldus Android. Die organisasies sluit in:

Noah’s Ark Sanctuary
Wild Heart Ranch
Hoedspruit Endangered Species Centre
https://youtu.be/vnVuqfXohxc

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

CHRISTA ·

Hoekom kan ons mensdom nie so vreedsaam leef nie? Ons is kamma veronderstel om MEER BESKAAFD as diere te wees!! Ek sê altyd: moenie mense met diere vergelyk nie, jy sal die diere ‘n minderwaardigheidkompleks gee!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.