Video: Oumas vlieg vir die eerste keer

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Twee oumas van Nederland wat nog nooit gevlieg het nie, het uiteindelik hul vrees oorkom en ʼn nuwe vriendskap gesmee.

Vodafone het tydens sy “Firsts”-bemarkingsveldtog met die 71-jarige An en 78-jarige Ria in verbinding getree om seker te maak dat hulle dié twee oumas kan help om “vir die eerste keer” te kan vlieg.

An was nog altyd te bang om te vlieg en het vroeër gesê “mens kan haar nie betaal om te vlieg nie”. Ria het gesê sy het vantevore net saam met haar wyle man gereis en hy wou nie vlieg nie omdat hy hoogtevrees gehad het.

Die twee oumas het die uitdaging aanvaar en op 7 April hul eerste vlug van Schipol-lughawe in Amsterdam na Barcelona in Spanje, onderneem. Klik hier vir meer inligting.

http://youtu.be/zD2NtzEPBcA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.