Video: Outydse oplossing vir ʼn nuwerwetse probleem

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Steve Babcock het homself gereeld skuldig gemaak daaraan om terwyl hy bestuur, te bel, of ʼn SMS te stuur of om selfs gou te kyk wat op Facebook gebeur, totdat sy 9-jarige dogter se tegniek, om ʼn toutjie om haar vinger te bind wanneer sy iets moet onthou, hom inspireer het.

Babcock het sy duimnael met naellak rooi geverf en word nou elke keer daaraan herinner om sy telefoon neer te sit wanneer hy bestuur. “Dit is ʼn outydse oplossing vir ʼn nuwerwetse probleem,” sê Babcock in die video.

Hy het sy veldtog, Red Thumb Reminder, in Augustus 2013 van stapel gestuur en hy hoop om nog baie meer mense te inspireer om dieselfde te doen.
http://youtu.be/O_pBO-KJfJQ

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae