Video: Pa speel byna lekkerder as die kinders

Skermgreep uit Action Movie Kid Volume 5

ʼn Pa wat spesiale effekte by hul gesinsvideo’s byvoeg om sy kinders in aksiehelde te verander, is ʼn goeie inspirasie vir enigiemand wat tydens die afsonderingsperiode raadop is met verveelde kinders.

Daniel Hashimoto (Hashi, soos hy verkies) verfilm sy jong kinders – net soos enige ander ouer, maar dan voeg hy spesiale effekte by om elke video ʼn mini-avontuur te maak.

Hier verwoes James die kegelbaan …

Hier het Sophia ʼn skaats-ongeluk …

Kyk hoe spring James …

Hashi is ʼn voormalige animasiekunstanaar van DreamWorks. Hy is bekend vir sy werk op, onder andere, How to Train Your Dragon (2010), Kung Fu Panda 2 (2011) en Mary Poppins Returns (2018).

Hy het aanvanklik sy kennis van VFX met video’s van sy seun gekombineer, sommer net as ʼn stokperdjie, en ʼn manier om ʼn hegte band vir hulle as gesin te skep. Intussen is Sophie ook gebore en neem sy ook deel aan die avonture.

Wat van sy video’s ‘n groot sukses maak, is waarskynlik ook sy kinders se vermoë om hul lyf akteur te hou.  Hashi het meer as 1 miljoen persone wat sy video’s op YouTube volg.

Hier is ʼn rits van vorige video’s wat wys hoe angswekkend kinders kan wees … (hierdie samestellingsvideo is al meer as 87 miljoen keer gekyk)

Hy werk met Adobe After Effects:

Hier is nog ‘n rits video’s:

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.