Video: Pa sukkel om sy lag te hou

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Video van ʼn pa wat met twee seuntjies moet raas omdat hulle met verf gespeel het, maar sukkel om sy lag te hou, is baie gewild op sosiale media.

Hoe langer mens na die twee onskuldige gesiggies kyk, hoe meer wil jy saam met die pa lag oor hulle manewales.

Die jonger boetie volg sy ouer boetie in elke antwoord, terwyl die ouer een die jonger een van die hele gemors probeer beskuldig.

Dit is nog nie duidelik waar die video geneem of wie die pa en die twee seuntjies is nie.
http://youtu.be/uVDNNoEk4PI

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Kobie ·

In die R.S van A sou hulle nou weer aangekla wees van Rassisme … behoede hulle as hulle op Universiteit kom … Manne, geniet julleself!

MaanKind ·

Dis nie vir my baie snaaks as ouers sulke videos van hulle kinders neem met die doel om ‘bekend’ te word op youtube nie.

Leeutjie ·

Hierdie het my dag gemaak! Laat my terugdink toe ons nog kinders was…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.