[Video] Pa’s en babas wys hul danspassies

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Video van ʼn groep pa’s wat ʼn dansroetine uitvoer met hul babas wat in babaharnasse aan hul lywe vasgemaak is, is al meer as twee miljoen keer op sosiale media bekyk.

Die video wat Maandag deur GroovaRoo Dance op Facebook gedeel is, wys hoe die pa’s by ʼn dansateljee in San Diego, Kalifornië, met hul danspassies spog. Die ateljee spesialiseer glo in dansklasse vir ouers en hul babas – en dis nie net groot pret vir die egpare is nie, maar ook voordelig vir babas se sensoriese ontwikkeling.

Die pa’s voer hul dansroetine uit op die bekende liedjie “Play that Funky Music” van Wild Cherry, terwyl hul babas stroopsoet sit waar hulle voor aan hul pa’s vasgemaak is. ʼn Mens kan in die agtergrond hoor hoe vroue, vermoedelik die babas se ma’s, die mans luid toejuig.

https://www.facebook.com/groovaroodance/videos/460714190799472/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.