[Video] Pa’s sit beste voetjie voor by balletklas

Skermgreep uit die video

Skermgreep uit die video

Valentynsdag was ekstra spesiaal vir die kinders by die Philadelphia-danssentum in Pennsilvanië in die VSA. Dié skool het die pa’s uitgenooi om saam met hulle kinders ʼn balletklas by te woon – en die ma’s ʼn hip-hop-klas.

Sommige pa’s het rose en sjokolade vir hul dogters saamgebring – en selfs met ʼn tutu of ʼn leotard opgedaag.

Thom McIntyre, die eienaar en kunsdirekteur van die skool het aan ABC News gesê daar is regte balletklasse aangebied. “Pa’s het soms saam met die een kind die beginnerklas bygewoon en saam met ʼn ander kind die gevorderde klas. Dit was goed, want hulle kon perspektief kry van die verskillende vlakke en tegnieke.”

Die kinders was gemotiveer om hulle beste te gee terwyl hulle al die regte bewegings met hulle voete en arms gemaak het. “Die ouers besef nie altyd hoeveel moeite daar ingaan in die klasse nie. Hulle sien die kinders elke keer by die klasse en dink ‘o, dis maklik’.”

Ná hierdie spesiale klasse het daar verskeie video’s op sosiale media versprei. “Ek dink die kinders sal hierdie vir ewig onthou. Dit was ʼn spesiale oomblik vir hulle en natuurlik het ʼn paar van die kinders lekker gelag,” het McIntyre gesê.

Die video is binne twee dae meer as 33 miljoen keer op Facebook gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Erna Casteller ·

Skreeusnaaks en oulik!! Lanklaas só lekker gelag!! Trots op hierdie Pa’s en balletdansertjies!! <3

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.