[Video] Pasgebore tweeling steel harte

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Video van ʼn pasgebore boetie en sussie wat hande vashou nadat hulle elf weke te vroeg gebore is, is al meer as 6 miljoen keer gekyk.

Die babatjies, Kristiana en Kristian Rushford, is op 4 Januarie op 28 weke in Melbourne, Australië gebore. Volgens hul ma, Anthea, het die twee albei minder as 1kg elk geweeg toe hulle gebore is.

Anthea het ʼn video op Facebook geplaas wat wys hoe die tweeling hande vashou terwyl hulle op hul pa se bors lê. Volgens Anthea het sy juis die video gedeel om ander ouers te inspireer.

Die video wat op 13 Januarie gelaai is, is reeds meer as 100 000 keer gedeel.

https://www.facebook.com/video.php?v=10156446002745252

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Annelize ·

Dit bring herinneringe terug van ons tweeling wat 8 weke vroeg gebore is! Hulle is nou 7 en in Gr.1 en voor julle weet is die tweetjies groot. ‘n Verpleegster het vir my gese die mikro babas word makro persoonlikhede omdat hulle van geboorte klein vegtertjies is. Sterkte, ek bid dat hulle nie enige nagevolge oorhou van die vroee geboorte nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.