[Video] ‘Pavarotti-paramedikus’ het almal gaande

Lewis Quinn, die "Pavarotti-paramedikus" (Skermskoot uit die video)

Lewis Quinn, die “Pavarotti-paramedikus” (Skermskoot uit die video)

ʼn Britse paramedikus het sosialemediagebruikers gaande met sy impromptu opera-uitvoering.

Lewis Quinn (37) van North West-ambulansdiens in Merseyside, Engeland, het die bynaam “Pavarotti-paramedikus” gekry toe hy “Nessun dorma”, ʼn lied wat veral met Luciano Pavarotti verbind word, gesing het.

Hy het 12 jaar lank musiek in Amerika studeer voor hy as paramedikus begin werk hy. Hy is verbaas oor die skielike roem wat hy op Facebook gekry het. “My aarde, ek het dit nooit verwag nie. Ek het maar nog altyd net vir ʼn paar kollegas gesing,” het hy aan Liverpool Echo gesê. “Ek sing wel gereeld vir die pasiënte in die ambulans, veral die demensie pasiënte. Dis moeilik om ʼn reaksie uit hulle te kry, maar soms geniet hulle dit, en hulle sê dadelik as hulle nie daarvan hou nie!”

Volgens Quinn stel hy nie baie belang in ʼn musiekloopbaan nie. “Ek dink ʼn ambulansman met ʼn klassieke stem is maar net ʼn nuwigheid vir sommige mense. Toe ek twee jaar gelede teruggetrek het Engeland toe, het ek aanvanklik net hierdie werk gedoen om water te trap, maar ek het verlief geword daarop. My persoonlikheid pas nie by ʼn musiekloopbaan nie – daarvoor moet mens heeltemal te veel egoïsties wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Armando ·

Sing goed… vir ‘n paramedikus. Maar mens sal hom beslis nie met Pavarotti verwar nie.

Cherokee ·

Waarom nie? En nòu Armando, maan ek jou tot versigtigheid.
Wàt in sy sang het jou genoop om daardie stelling te maak?

Henriette Steyn ·

Kort net ‘n bietjie afrigting en hy sal dit kan maak.

SNEL ·

Ja, ek stem, hierdie liedjie is buite op n selfoon opgeneem, dink net hoe sal hy klink op n verhoog met alles wat Pavarotti gehad het met n optrede, en ja, gee hom ook n afrigter en hy is n ster. Ek glo daar is duisende mense met n sang talent daar buite en party van hulle sal slefs beter sing as beroemde sterre.

Helene Heyns ·

Ek hoop iemand gaan hierdie ou aanspoor om sy talent verder te ontwikkel. Sit n orkes by en luister dan weer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.