Video: Perde sleep vragmotor teen opdraande uit

Skermgreep uit die video

ʼn Paar sterk trekperde het ʼn vragmotor teen ʼn steil helling, wat met ys bedek was, uitgesleep.

Die voorval het verlede week Woensdag op Jacob en Lizzie Hershberger se plaas in Minnesota in die VSA plaasgevind.

Die eienaar van die vragmotor, Craig Helgeson, het gesukkel om met sy vragmotor teen die gladde helling uit te ry. Jacob se span trekperde het toe die swaarvragmotor teen die opdraande uitgetrek.

In die video wat Lizzie gedeel het, kan gesien word hoe die trekperde hul bes probeer om die swaar vragmotor te sleep, maar wanneer hulle eers die wiele laat rol, sleep hulle dit maklik teen die helling uit.

Lizzie het gesê sy en haar man het saam met perde grootgeword. Jacob se Vlaamperde is spesiaal geteel om swaar vrag te sleep en hulle is nie beseer tydens die voorval nie. Alhoewel die 13-jarige Molly en Prince gereeld swaar vragte sleep, is dit die eerste keer wat hulle ʼn vragmotor moes trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Maria ·

Dit wys my net ou manier “oorspronglike” is nog teens top as moderne lewe
wow!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.