ʼn Video van drie brilpikkewyne wat rustig deur die strate van Simonstad stap, is baie gewild op sosiale media.
Sanccob (SANParke en die Nasionale Stigting vir die Bewaring van Seevoëls) het onlangs ʼn video van die drie pikkewyne op Twitter gedeel en die video is reeds meer as 2 miljoen keer gekyk.
Die drie pikkewyne het die strate ingevaar terwyl die algehele landswye afsonderingsperiode voortduur om die verspreiding van Covid-19 te bekamp.
Sanccob fokus op die rehabilitasie van pikkewyne en seevoëls. Die bewaarders het in die leë strate van Simonstad met die pikkewyne gaan stap. Onder hul toesig kon die voëls die pad oorsteek en die res van die dorp verken.
Boulder’s Beach, ʼn bekende pikkewynkolonie, is tussen Simonstad en Kaappunt geleë. Dit is een van slegs ʼn paar plekke ter wêreld waar die bedreigde brilpikkewyn van naderby beskou kan word.
#Lockdown perks for #Africanpenguins in Simon’s Town while #penguinrangers keep a watchful eye. #endangeredspecies @CityofCT @TableMountainNP @CTEnviroEd #savesseabirds #marinewildlife #conservationpartners pic.twitter.com/37I4KNrLPq
— SANCCOB (@SANCCOB) April 17, 2020
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Dierbaar…..! En as die mens verdwyn herstel alles….