Video: Polisie trek ‘VVV’ van die pad

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Die wenkbroue van Wexford-inwoners in Ierland het behoorlik gelig toe plaaslike polisie die afgelope week ʼn vreemde vlieënde voorwerp (VVV) van die pad afgetrek het.

Dié tuig lyk soos ʼn klein ruimtetuig, en het deur die strate van Wexford gery. Die tuig het omtrent aandag onder verbygangers getrek. Dit was darem nie deur buiteruimtelike wesens beman nie!

Die “VVV” is vir ʼn projek ontwerp en vervaardig deur die plaaslike kunstenaar Ali Kemar Ali en word by die Common Ground Kunsuitstalling in Ierland uitgestal.

Dié kunsuitstalling het vanjaar ʼn ruimtetema.

Die tuig is gebou uit veselglas en word met ʼn afstandbeheerder beweeg. Die tuig beweeg deur masjinerie van twee elektriese bromponies, en het ʼn rookmasjien en laser.

Foto’s en videobeelde wys hoe Ierse polisie dié tuig aftrek om agter die kap van die byl te kom.

Bron: The Telegraph

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dries ·

Verkeerde plek geland, dit is ZUMA se nuwe vliegtuig wat hom kom soek en weer terug te neem vanwaar stortkop gekom het.

Rynhardt ·

Sal nie omgee om met so n vlieende piering(moet net n bietjie groter wees)die buitenste ruimte in te vaar nie,want SA en wereld se probkene gaan erger raak,nie beter nie!

Wat-ek-lees ·

Hier by ons ry enige ding op die pad, sonder- of met padwaardigheid sertifikaat. Solank daar net wiele is en die ding maksimum raas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.