Video: Polisiehond wys hoe KPR gedoen word

Skermgreep uit die video

Die polisie in Madrid, Spanje, het ʼn video op Twitter gepubliseer wat wys hoe “Poncho” verduidelik hoe KPR werk.

Die video is tydens ʼn opleidingsgeleentheid verfilm. Die beampte maak of hy flou val en dis wanneer Poncho oor gaan tot aksie. Hy spring herhaaldelik op die beampte se bors om ʼn hondemanier te wys hoe KPR gedoen word. Hy gaan lê dan met sy kop naby sy hanteerder se kop – asof hy die asemhaling en pols nagaan.

Die polisie in Madrid het sy vertoning as “meesterlik” beskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

WOEFIE ·

briljant ,wat n slim hondekind .gee hom n groot stuk steak.

Nettie ·

Dit is SO OULIK!!!!!!!!!!

Net een gedagte, egter: dit lyk asof Poncho ‘n Rottweiler is. Vir die oomblik, terwyl hy/sy nog ‘n “puppy” is, sal daai gespringery op die bors dalk nog iemand se lewe red, maar as hy/sy uitgegroei is, mag dit dalk aanleiding gee tot die persoon se dood – verbeel jou net: ‘n ± 65kg hond wat op jou bors spring ………..

Rottweiler ·

@Nettie, dink nie daardie is ‘n Rottweiler nie, dit sal my bekommer as ‘n Rottweiler sulke lang ore het :-)
Nie seker oor die ras van die hond nie, maar beslis nie Rottweiler nie.

Miekie ·

Ek het so whatsupp gekry waar die mense ‘n hondeskou aanbied en daar was die hond en ‘n dame meer in ‘n millitere posisie en het “iemand” ‘n handgranaat gegooi en is die dame beseer. Daar het die hond ook gekom om KPR toe te pas. Dit is ongelooflik om te sien. Die hond en sy hanteerder het die kompitiesie gewen. ‘n Hond bly maar die mens se beste vriend.

Anni ·

Ag moeder! Ek vreet hom sommer op! En kyk net sy liggie op sy rug. :)

Leser ·

Voorwaar ‘n mens se beste en mees lojale vriend. Pragtige berig!!

Dev ·

HOEKOM IS DIE ARME DIER SE STERT SO KORT GEKNIP!!!

Swak Spanje, swak Madrid polisiediens, skaam julle!

DeVill ·

Hoe kan sy verminkte stert vir jou mooi lyk?

Shame die arme dingetjie, hulle het hom ‘n groot onreg aangedoen.

Honde gebruik hulle sterte vir klomp goed, soos bv om te kommunikeer, hul balans te hou en nog so paar ander goed.

Ek is so bly dit is onwettig in Suid-Afrika!

Estelle ·

Wanneer gaan ons blankes wakker skrik en besef al hierdie plaasmoorde is eintlik ‘n goed beplande oorlog teen ons. Selfs die misdaad in stede ruk hand uit

Johan ·

Lekker om na iets te kyk wat ‘n glimlag op die gesig bring.

Rocky ·

Beslis Bloedhond/Rottweiler kruising. Wat ‘n kombinasie!!!

Amelia ·

Vir my lyk dit na n uitgegroeide Spaniel. Dai ore veral en die stert ook.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.