Video: Polisieman red vrou wat aan worsbroodjie verstik

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Jason Gates word as ʼn held bestempel nadat hy ʼn “roekelose motoris” se lewe gered het nadat sy verstik het.

Gates het die vrou Saterdag om 11:20 in Kalamazoo, Michigan afgetrek toe sy ʼn verkeerslig verontagsaam het. Hy het egter gesien die vrou het asemhalingsprobleme toe hy haar motor nader.

Beeldmateriaal van die paneelbord in die beampte se motor wys hoe hy haar vra of sy besig is om te verstik en hy haar ʼn paar keer op die rug klap. Hy help haar dan deur noodhulpbehandeling toe te pas.

Die vrou het aan ʼn worsbroodjie verstik.

Sy begin dadelik huil en omhels Gates. Sy bedank hom dat hy haar lewe gered het.
http://youtu.be/0MTXjsJXUL8

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.