Video: Popgroep se gemiddelde ouderdom is 84

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Musiekgroep in Okinawa, Japan, met ʼn gemiddelde ouderdom 84, het sopas hul eerste musiekvideo vrygestel.

Een van die voorwaardes om by “KBG84” aan te sluit, is om minstens 80 jaar oud te wees. Die groep van 40 lede word gelei deur Miki Hanashiro (90) en Tomi Menaka (91).

Die groep dans terwyl hulle sing, maar hul choreografie is natuurlik nie so energiek soos ander groepe nie.

Hulle maak ʼn debuut met “Kom en dans Kohama-eiland” (小 浜 島).

Die groep se naam, KBG84, kom van “Kohamajima Ba-chan Gasshodan” wat rofweg vertaal kan word as “Kohama-eiland se ouma-koor” en “84” vir hul gemiddelde ouderdom.

KBG84 het in Junie ook ʼn vertoning in Tokio by die eX Klub Shinagawa Prince Hotel gehou. Al die kaartjies is uitverkoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Akram ·

Genugtig. klomp pittige japnese. wonder hoe groot is hulle reserve bench. bly om te sien daar is darm nog mense wat nie ouderdom as n verskoning gebruik nie.

Eliza-beth ·

O koekerasie – met apologie aan Kortjas van Terug na Egipte reeks! Nou nie MY tipe musiek nie, maar ja, as hulle hups wil wees hoekom dan nie! Solank hulle hulself geniet en fiks en gesond bly is die saak reg!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.